27/08/2026
Dit was my heel eerste Hoërskool Interskole as ’n ouer. Toe ons 1ste span rugby wen en die Ovies se kinders met die grootste gejuig, trots en passie veld toe hardloop, het ek dadelik aan my eie 5 jaar op Hoërskool gedink. 🥹❤️
Julle passie het soveel mooi memories teruggebring.
Aan al die Graad 12’s — dit was vir my ’n voorreg om julle memories te kon afneem en hierdie spesiale jaar met julle te kon deel. 📸 Julle kan eendag terugkyk en weer daardie trots en emosie sien, net soos ek dit deur my lens gesien het.
Die respek wat Ovies by elke sportgeleentheid toon, laat my besef ek het beslis nie die verkeerde keuse gemaak toe ek ’n Hoërskool vir my kind gekies het nie. ❤️
Julle passie, respek en sportmanskap wys op elke moontlike manier by elke geleentheid waar ek was. Dit maak ’n mens trots om deel te wees van die Ovies-familie. 🏉💙
Aan al die matrikulante — baie sterkte met julle eksamens! 📚🙏 Mag God julle ryklik seën met elke toekomstige pad wat julle stap, waar ook al die lewe julle neem.
Julle is ysters! 💪🔥
Hoerskool Overberg, Caledon
❤️ AAN AL ONS WONDERLIKE AFRIGTINGERS EN AFRIGTINGS! ❤️
Julle beteken só baie vir ons kinders én vir ons as ouers. 🏏
Sonder julle tyd, moeite, geduld en passie sou ons kinders nie die geleenthede en ondersteuning gehad het wat hulle vandag kry nie.
Julle leer hulle nie net hoe om beter spelers te wees nie, maar ook belangrike waardes soos dissipline, spanwerk, respek, deursettingsvermoë en om nooit op te gee nie. 🙌
So wil ek uit my hart uit BAIE DANKIE sê aan elkeen van julle. ❤️
Dankie vir elke oefening, elke wedstryd, elke aanmoediging en elke keer wat julle daar is vir ons kinders.
Julle maak ’n verskil — meer as wat julle ooit sal besef! 🌟
🏏 DANKIE, AFRIGTERS! 🏏
Ons waardeer elkeen van julle ongelooflik baie. ❤️