Op die ouderdom van 12 Jaar oud, ontvang ek my eerste kamera en begin ek my passie uitleef. Foto's neem is al wat ek wou doen. Na my skoolloopbaan in 2014, begin ek in 2015 Fotografie studeer by CPUT. My vaardighede het verbeter, my passie vir Fotografie het nuwe betekenis gekry en my foto's kry koers. In Oktober 2017 voltooi ek my studies in Fotografie en my foto's bereik nuwe hoogtes, my vaardig
hede het tot n hoer vlak verbeter en ek leer nog elke dag. In Julie en September 2017, verskyn twee afsonderlike foto's van my in Die Burger onder die Lesersfoto afdeling, asook in Oktober 2017 se uitgawe van Tydskrif, verskyn n derde foto van my, asook n kort verslag daaroor, onder die Mense Se Lense afdeling. In September 2017, begin ek my eerste tree in die Fotografie Industrie as n Intern by Light Lounge Studio, waar ek die wereld se kennis tot dusver opgedoen het en soveel geleenthede ontvang het. Ek groei elke dag, leer elke dag, en kry elke dag net meer en meer respek vir die industrie. Ek deel graag my werk met julle, en julle is ook meer as welkom om my werk te deel.