22/12/2025
*Persoonlike plasing*
Soos julle weet het Covid-19 meeste geleenthede vir fotografie ingeperk. Dit, saam met verdere studies, het gemaak dat Philia Photo baie stil was die afgelope paar jare. Dankie vir die getroue kliënte se volgehoue ondersteuning deur hierdie stil tyd.
Maar 2026 gaan anders wees.
Studies is afgehandel en vandag oor 5 maande is dit tyd vir die groot 4-0. Om dit te vier wil ek graag 40% afslag gee op die eerste 5 "Altyd lief"-sessies vir 2026 wat bespreek word.
So as dit tyd is vir familiefoto's, as jy 'n eerste verjaarsdag se "cake smash" beplan, of as jy iemand benodig om 'n partytjie vas te vang, maak seker jy is een van die eerste vyf wat my laat weet!