07/08/2026
🎀 STANDING WITH MY BEAUTIFUL BRIDE 🎀
Mari Naude
One of my beautiful brides is facing a journey no one ever expects to take. She has recently been diagnosed with breast cancer, and now she needs our love, strength and support more than ever. 💗
Behind every bride is a story, a family, dreams for the future and so many beautiful moments still waiting to be made. Today, we want to stand beside her and remind her that she is not alone. 🌸
💗 How can you help?
✨ Keep her in your thoughts and prayers
✨ Share her story and help raise awareness
✨ If you are able, contribute towards her medical and personal expenses
✨ Most importantly, surround her with love and positivity
Even the smallest act of kindness can make a huge difference during such a difficult time.
🎀 Let’s come together as a community and show our bride just how loved and supported she truly is.
'n BackaBuddy-veldtog vra die publiek se hulp om die 27-jarige Mari Naudé van Gansbaai by te staan nadat sy onlangs met borskanker gediagnoseer is.
Mari is 'n aanlyn Engelse taalonderwyser, die broodwinner van haar gesin en die ma van 'n driejarige seuntjie. Sy het 'n knop in haar linkerbors op haar seuntjie se derde verjaardag ontdek en is die volgende dag vir ondersoeke, 'n mammogram en 'n biopsie verwys.
Die uitslae het bevestig dat sy kanker het. Verdere toetse is na Tygerberg-hospitaal gestuur om vas te stel of die kanker versprei het, maar sy wag steeds op die finale uitslae wat die stadium van die kanker en haar behandelingsplan sal bepaal.
Volgens die veldtog het haar dokter aangedui dat haar toestand binne sowat 20 dae merkbaar vererger het. Indien die kanker nog nie versprei het nie, sal sy dringend 'n operasie moet ondergaan. Die wagtyd vir uitslae beteken egter dat sy nog nie met behandeling kon begin nie.
Mari het geen mediese fonds nie en sukkel om die koste van mediese sorg, spesialiskonsultasies en gereelde reise tussen Gansbaai, Worcester en Tygerberg-hospitaal te bekostig. Die fondsinsameling het 'n mikpunt van R500 000 om haar mediese uitgawes, vervoer en ander noodsaaklike kostes te help dek.
Haar familie doen 'n beroep op die publiek om, indien moontlik, 'n bydrae te maak, haar verhaal te deel of haar in hul gebede te hou. Hulle hoop die ondersteuning sal Mari help om die behandeling te ontvang wat sy dringend nodig het, sodat sy op haar herstel kan fokus en haar seuntjie kan sien grootword.
https://www.backabuddy.co.za/campaign/mari-naude