14/06/2026
W A L T E R & M E G A N | Verlowing
💍📸🤍
Soms kry jy die geleentheid om iets vas te vang wat soveel meer is as net foto's. Hierdie was een van daardie oomblikke.
Walter en Megan het al die pad van Nederland af gekom na Strandfontein se strand aan die Weskus – 'n plek wat ongelooflik spesiaal is vir Walter. Met die son wat die lug in die mooiste goue kleure geverf het, die branders wat rustig op die strand breek en familie wat stilweg saam deel was van die verrassing, het Walter die groot vraag gevra... en natuurlik was die antwoord JA! 💍✨
Dankie dat ek hierdie ongelooflike hoofstuk van julle liefdesverhaal kon vasvang. Walter en Megan, julle twee is iets besonders. Mag hierdie net die begin wees van 'n leeftyd vol avontuur, liefde en baie mooi sonsondergange saam. 🤍
Die Weskus het beslis haar magic gewys dié aand. 🌅