06/01/2026
In Sy Hande
In God se hande lê ons stil,
gevorm deur liefde, nie deur wil.
Grof en sterk, maar vol genade,
dra Hy ons deur elke skade.
Ons is die kleure, klein en seer,
geslyp deur lewe, meer en meer.
Elkeen anders, elkeen uniek,
tog in Sy hande saam gesmelt en diep.
Ons d**k soms ons is vasgevang,
maar dis Sy liefde wat ons omring,
want Sy hande hou ons nie vas
om vryheid weg te neem nie, maar om dit te pas.
Waar kleure meng in lig en pyn,
maak Hy ’n prent wat ewig skyn.
Met elke streep, met elke kleur,
wys Hy Sy plan — eenvoudig, puur.
Die wêreld lê oop, die doek is daar,
Hy stuur ons uit, maar bly naby en waar.
Want in God se hande lê die weg,
waar ware vryheid ewig sê:
Jy is Myne. Ek laat jou gaan.
Jeandri Schutte kopireg