02/03/2026
Pretoriuskop - 1 Maart 2026
Ek het n vinnige draai gemaak by Pretoriuskop kamp gister en wil gou vir jou wys hoe lyk die kamp tans.
Die kamp was lekker stil aangesien ek in die middel van die oggend daar was en meeste mens is in die kar besig om die wildtuin te verken.
Die personeel is almal hard besig aan die werk en die gras word orals gesny.
Die swembad lyk goed en selfs heelwat beter as net n week terug. Daar was twee mense wat geswem het in die tyd toe ek daar was en hulle het dit duidelik baie geniet in die warm weer.
Dit was BAIE warm in die wildtuin gister en my kar het gewys dis 37C maar dit het gevoe of dit 57C was 😬
Die kamp was netjies en skoon oral waar ek beweeg het, die badkmers was ook skoon, verouderd en benodig definitief hernuwing, maar pesoneel doen hulle werk.
❤️
Nardus
Sien jou in die “tuin” 😄