Gratitude Photography

Gratitude Photography The pictures seen on this page will not be that of a professional photographer, but rather that of someone looking at nature with a lot of admiration

04/11/2025
ñ Ander manier van wild kyk 😋 Dankbaar vir elke avontuur 🦭
03/11/2025

ñ Ander manier van wild kyk 😋
Dankbaar vir elke avontuur 🦭

Best animal family photo ever!  P.S. no filter/no edits
09/04/2025

Best animal family photo ever!
P.S. no filter/no edits

Vir ñ eerste trippie Kruger toe was ek omtrent bederf! Hierdie twee is maar net een gedeelte van soveel meer waaroor ek ...
31/03/2025

Vir ñ eerste trippie Kruger toe was ek omtrent bederf! Hierdie twee is maar net een gedeelte van soveel meer waaroor ek baie dankbaar is! 🐾🌿❤️

Sy is ñ kaalvoet kind met liefde wat vloei in haar are. 👣Sy glo in Kersvader want die wêreld het ñ bietjie mooi nog nodi...
29/12/2024

Sy is ñ kaalvoet kind met liefde wat vloei in haar are. 👣
Sy glo in Kersvader want die wêreld het ñ bietjie mooi nog nodig. 🎄
Sy praat graag met die vissies en vertel van al haar drome. 🐠
Sy is kind, sy is opreg. Mag ek en jy ook sy wees. 💓

WANNEER DIE HERE MY TOEVOU MET SY LIEFDESoms Here, raak my hardloop sommer net moeg.  Die lewe se reëls is soms so onmen...
08/10/2024

WANNEER DIE HERE MY TOEVOU MET SY LIEFDE

Soms Here, raak my hardloop sommer net moeg. Die lewe se reëls is soms so onmenslik hard. En vinnig, Here. Daar is partydae nie eers kans om op te kom vir asem nie. En dan, op ‘n dag, gaan sit mens sommer net op die lewe se sypaadjie. Sommer so kop-onderstebo en hangskouers. So ‘n gevaarlike sit, Here. ‘n Sit wat sê: ‘Ek gee nie meer om nie’. ‘n Sit wat sê: ‘Ek is tot die dood toe moeg.’

Die lewe kan soms so wreed wees, Here. Ménse kan soms so onmenslik wreed wees. Soms krap hulle die lagie van U liefde sommer so met een vuil vinger van ‘n mens se menswees af. En dan maak dit ‘n stukkende g*t op ‘n mens se hart. Soms klou net een sinnetjie aan ‘n mens se lyf soos vuil slierte see aan ‘n stukkende visnet. En dis al wat jou hart sien en hoor en voel. Heeldag. Soms Here, vat jammer nie die blou kolle op ‘n mens se hart weg nie.

En dan land jy op die lewe se sypaadjie. Jou menswees vol g*te en stukkend. Kop-onderstebo en hangskouers.

Dankie, dat U ook daar is. Daar op die lewe se sypaadjie by U kop-onderstebo hangskouer-kinders. Dankie dat U stil langs U kind gaan sit, sonder vrae of wonder of verwyt. Net so stil. Net daar. En wanneer die tyd reg is, skuif U stil-versigtig nader, sit U arm om die bloukol-flenter kind en sê sag: “Kom, dat Ek jou toevou in My liefde.”

Toevou is so ‘n sagte woord, Here. Dit laat my d**k aan ‘n mamma wat haar baba versigtig toevou in ‘n sagte warm kombersie. Met sorg, en soveel liefde en omgee. ‘n Oomblik waar tyd nie saakmaak nie, en woorde nie nodig is nie. Net ‘n stil sagte toevou.

U vou my toe in U liefde, Here. Versigtig, sodat my stukkende plekke nie nog meer stukkend skaaf nie. U oë is altyd sag en warm. En vir daardie oomblik is dit net ek en U. En wanneer U my toegevou het in U Volmaakte liefde, my kloppende hart begin stil en rustig word, sit U u arm om my en hou my styf teen U vas. En wanneer my huil opgehou het, fluister U stil, net soos vir Elia: “Wat maak jy hier . . . hier so kop-onderstebo en hangskouers?”

En wanneer ek soos ‘n klein dogtertjie vir U vertel, die kwaad en die terleurstelling en die stukkend uitborrel, sommer so deurmekaar en agterstevoor, luister U stil, U oë vol begrip. En in die vertel raak my hart stil, Here. Soos ‘n klein dogtertjie wat rustig raak en weet dat haar Pa daar is. Dat Hy nooit sal weggaan nie. En dat alles weer sal reg wees.

Dankie dat U u liefde so sag, versigtig om my vou. Dankie dat daardie liefde die koue ‘ek gee nie meer om nie’, uit my hart uitjaag. En dankie dat U u hand altyd weer na my toe uitsteek, my ophelp en saam met my verder stap. Dankie dat U oë my altyd raaksien, maak nie saak hoe vinnig ek deur die lewe hardloop nie. Dankie dat U kyk sag en vol liefde en sorg en omgee is.
Dankie vir daardie ‘toevou’ wanneer ek dit so baie nodig het, Here. Dankie dat U nooit weggaan nie.

Nooit nie se nooit. En dis genoeg.
Amen.

(Katrienkie@2024)

New Screensaver loading...
17/09/2024

New Screensaver loading...

Die plek wat my hart bekoor - Deel 1Buffels, luiperds, leeus en niesende zebras
06/09/2024

Die plek wat my hart bekoor - Deel 1
Buffels, luiperds, leeus en niesende zebras

Not just another harbour photo
25/03/2024

Not just another harbour photo

Views like these 😍Just a short drive through town ❤️
22/03/2024

Views like these 😍
Just a short drive through town ❤️

Address

Sannieshof

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gratitude Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Gratitude Photography:

Share

Category