14/10/2026
Het jou trampolien nog sy spring?
Selfs ’n goeie trampolien verloor sy veerkrag as dit nie versorg word nie.
En ons mense? Ons verwag dikwels van onsself om aan te hou spring, maak nie saak hoeveel druk ons dra nie.
Vandag het ek tydens die inspirasietyd by DupWest Prokureurs gesels oor: “Onder druk: Verstaan en hanteer stres” en hoe belangrik dit is om ons streshouer dop te hou, die kraan betyds oop te draai en ruimte te maak vir herstel.
Selfversorging is nie ’n luukse nie. Dis hoe ons ons veerkrag behou.
Dankie aan DupWest Prokureurs vir die spreek geleentheid.
’n Spesiale dankie aan Thys Strydom vir die uitnodiging én die mooi bederf.
Want selfs dié wat ander se sake hanteer, verdien soms ’n oomblik om na hul eie streshouer te kyk.
En jy — het jou trampolien nog sy spring?