26/08/2026
Vandag was die eerste dag wat ek my nuwe spasie, Obsession Studio, kon uittoets — saam met Kaylin & Michelle Draper. 🤍
Ek voel ongelooflik geseënd dat ek nou vir julle ’n veilige, gemaklike en kreatiewe spasie kan aanbied waar julle julle eie fotosessies, content en kreatiewe projekte kan kom doen. 📸✨
Dit het lank gevat, baie harde werk, lang ure en baie geloof… maar ons is darem nou hier! 🥹🤍
En dit is nog maar net die begin! ✨
In November gaan ek ook opleiding aanbied waar ek julle gaan leer:
📸 Hoe om met modelle te werk
💡 Studio-beligting en hoe om dit effektief te gebruik
📱 Hoe om jou eie fotografie-/kreatiewe besigheid te begin
Ek sien vreeslik baie uit om julle almal by Obsession Studio te verwelkom en hierdie nuwe avontuur saam met julle aan te pak.
Create. Inspire. Obsession. 🤍Obsession Studio Obsession Photography SA Michelle Draper Kaylin Lubbe
Hare & Makeup - Private M Collection : Make-Up & Hair