Stoet Lens

Stoet Lens Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Stoet Lens, Photography Videography, Pretoria.

Stoet Lens is ’n professionele fotografie- en videodienstemaatskappy in Suid-Afrika wat spesialiseer in hoë gehalte beeldmateriaal van vee, wild en stoetdiere vir veilings en promosie.

19/05/2026

“Hoekom het jy soveel storage nodig?”
Want ‘n dag op die plaas beteken 3 000 fotos, 200 videos en 0 selfbeheer 😭🐂

Na die reën lyk die wêreld net weer reg.Pekanneutbome wat vars asem haal en ’n plaas wat weer lewe kry.
19/05/2026

Na die reën lyk die wêreld net weer reg.
Pekanneutbome wat vars asem haal en ’n plaas wat weer lewe kry.

12/05/2026

Vandag was ’n besonderse dag op Matopi. ✨
Ons het die voorreg gehad om saam met Stoet Lens te werk terwyl Jomé die hart van ons plaas vasgevang het — die mense, die diere, die stofpaaie, die harde werk en die mooi oomblikke tussenin. 🌾🐂

Dankie vir jou professionaliteit, kreatiwiteit en oog vir detail. Jy het nie net foto’s en videos geneem nie, maar stories vasgevang wat iets beteken. Ons waardeer die moeite, passie en energie wat jy vandag ingebring het ongelooflik baie.

Ons sien uit om die eindresultate te sien! 📸🎥
Gaan loer gerus op haar blad en ondersteun hulle werk. 🤍

Hy dra nie net kilos nie… hy dra potensiaal
23/04/2026

Hy dra nie net kilos nie… hy dra potensiaal

Goeie gesprekke gaan altyd saam met goeie kos. Dankie aan ESKORT vir die verversings en gasvryheid tydens die SPEK gespr...
22/04/2026

Goeie gesprekke gaan altyd saam met goeie kos.
Dankie aan ESKORT vir die verversings en gasvryheid tydens die SPEK gesprek by NAMPO ALFA. Julle bydrae het beslis gehelp om die dag nog meer aangenaam te maak.





Van vroeë oggend krale toe… tot die laaste hamer wat slaan.’n Veiling is meer as net koop en verkoop,  dis strategie, ge...
16/04/2026

Van vroeë oggend krale toe… tot die laaste hamer wat slaan.
’n Veiling is meer as net koop en verkoop, dis strategie, genetika en toekoms in beweging.

Voor die hamer slaan en die bod begin klim…word die belangrikste besluite stil-stil tussen krale geneem. 🐂Hier loop meer...
13/04/2026

Voor die hamer slaan en die bod begin klim…
word die belangrikste besluite stil-stil tussen krale geneem. 🐂
Hier loop meer as net mense rond, hier loop ervaring, strategie en toekomsbeplanning.

Beefmaster-krag op sy beste.Top genetika, sterk raamwerke en boere wat weet wat hulle doen. Dis altyd ‘n voorreg om sulk...
13/04/2026

Beefmaster-krag op sy beste.
Top genetika, sterk raamwerke en boere wat weet wat hulle doen. Dis altyd ‘n voorreg om sulke kwaliteit by veilings vas te vang.

25/03/2026

A full day of insight, innovation, and global expertise at the P3NC conference. From piglet nutrition and early development to growth strategies and market readiness, learning from industry leaders across the world. Grateful to be part of conversations shaping the future of the industry.




’n Boer in sy element.Tussen die stof van die lande, die gebler van vee, en die stilte van die bosveld — dáár leef hy sy...
26/06/2025

’n Boer in sy element.
Tussen die stof van die lande, die gebler van vee, en die stilte van die bosveld — dáár leef hy sy roeping uit.

Landbou, veeboerdery of wildsbedryf… dit maak nie saak waarmee sy hande besig is nie, sy hart bly dieselfde: getrou aan die grond, lojaal aan sy diere, en lief vir die lewe wat boerdery bring.

Boerdery vra nie net werk nie — dit vra siel. Dit vra om op te staan wanneer die son nog slaap, om aan te hou wanneer die reën weg bly, en om te glo in môre, selfs wanneer vandag moeilik is.

’n Boer plant met hoop, versorg met trots en oes met dankbaarheid.
Want of dit nou koring, beeste of bokke is — elke boer weet: dis nie net ’n beroep nie, dis ’n leefwyse.

Address

Pretoria

Telephone

+27827526868

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Stoet Lens posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Stoet Lens:

Share