12/10/2025
Hierdie was iets wat ongelooflik uit my comfort zone was, dis so maklik om te leef agter die lens dat wanneer die lens draai dit so angsbevange is, maar dis wel waar God werk en jou laat groei as mens, en hoe Wonderlik is dit dan nie dat ek all eer vir ons Hemelse Vader kan gee oor my lewe. Ek is vreeslik dankbaar vir -Nine dat sy na haar hart geluister het en nooit opgegee het op my storie nie! Ek waardeer jou as mens so baie ! So as jy klein bietjie meer wil lees oor my gaan lees die artikel op Maroela Media! Baie dankie julle vir Hierdie ervaaring!
Wanneer sy haar kamera lig, vrae begin vra oor my lewe en loopbaan en in daardie sagte, aanmoedigende stem sê “kyk net ʼn bietjie hier”, gebeur iets vreemds – jy vergeet van probeer poseer. Jy voel eenvoudig raakgesien.