VanStaden.Fotografie

VanStaden.Fotografie Fotografie-dienste gebaseer in Moreletapark, Pretoria, maar gelewer landswyd, word trots aangebied. Ek hoor graag van jou.

Ons help jou om herinneringe vir altyd te skep met ons hoë-kwaliteit en koste-effektiewe fotografie-dienste. Gesels ook met ons vir jou produkfotografie - bemarkingsbrosjures, handleidings, advertensies, webplasings, katalogusmateriaal, ensovoor

Loer gerus op my Facebook blad en kontak my as jy belangstel of enige vrae in die verband het.

2022.08.28 - Ek het vanoggend die besondere voorreg gehad om fotoherinneringe van die inseëningsgeleentheid van twee oul...
28/08/2022

2022.08.28 - Ek het vanoggend die besondere voorreg gehad om fotoherinneringe van die inseëningsgeleentheid van twee oulike jong mense se seun vir hulle op kamera vas te vang. Ek glo dat dit vir hulle vir baie jare sal help met onthou-oomblikke van 'n heerlike en spesiale geleentheid.

11/07/2022

A huge and well-deserved shout-out to the fantastic Camerastuff team !

Towards the end of their June-July Sale I took advantage to purchase a bundle from them. The process logistics were outstanding and I was kept informed all the way as to the progress of the transaction until delivery, which was superfast as well – less than 24 hours. However, some of the specifications on the web advertisement and the images were different from the actual products received due to an apparent change by the OEM in China, but my decision to buy was strongly influenced by the ads. I brought this under the attention of Brett, and he and his team, specifically Leanne, immediately responded in the most professional and amazing way. The ‘wrong’ product was picked up by the courier from my house, and this morning the expected products were delivered.

Yet again, the Camerastuff Team rose above expectation and walked the extra mile to achieve customer satisfaction. Thank you very much ! You set standards few manage to meet.

CameraStuff.

vanStaden.Fotografie is met genade nog steeds aktief. Ons is tans besig met 'n baie groot en interessante projek vir Ons...
21/05/2022

vanStaden.Fotografie is met genade nog steeds aktief. Ons is tans besig met 'n baie groot en interessante projek vir Ons Kultuurtuiste by die Voortrekker Monument. Ek het die afgelope tien dae of so byna elke dag 'n paar uur daar spandeer om honderde fotos te neem (en duisende tree en trappies geloop en geklim...) Daar is vir my nog so vyf - sewe dae se werk, en daarna kan elkeen wat 'n belang by of belangstelling in ons geskiedenis en kultuur het uitsien om 'n wonderlike en ongelooflike besoek aan die Voortrekkermonument te bring. Kyk uit vir openbare nuus in die verband so teen die middel Junie 2022. Dr. Danie Langner en sy span doen ongelooflike werk.

Dis tyd ! Kom leer en speel saam !
29/05/2021

Dis tyd ! Kom leer en speel saam !

Maroela Media het ook 'n paar van my fotos gebruik vir die FAK Sarie Marais storie...
04/05/2021

Maroela Media het ook 'n paar van my fotos gebruik vir die FAK Sarie Marais storie...

“’n Aand soos hierdie help ook weer om oud en jonk se oë te open vir ons besonderse Afrikaanse geskiedenis.”

Dit was 'n voorreg om vir oom Japie te kon afneem en hierdie kosbare oomblikke vas te vang, en het ook om Philip Moolman...
01/05/2021

Dit was 'n voorreg om vir oom Japie te kon afneem en hierdie kosbare oomblikke vas te vang, en het ook om Philip Moolman en sy vroutjie Lurianne se musiek te kon geniet. Ek d**k die gaste wat vir die eerste keer ooit in die Heldesaal piekniek gehou het was dit ook 'n spesiale geleentheid.

Dehlia Frauendorf, baie dankie dat jy my verwys het nav hierdie plasing. Ek waardeer dit.Maar ek wil graag 'n paar gedag...
05/04/2021

Dehlia Frauendorf, baie dankie dat jy my verwys het nav hierdie plasing. Ek waardeer dit.

Maar ek wil graag 'n paar gedagtes met ene Me. Leonie van Pletzen - die oorspronklike plaser - deel ; ek weet nie of sy die boodskap sal sien nie ; miskien...

Liewe Me. van Pletzen,

Baie geluk met jou nuwe reeks produkte. Ek is egter ontsteld dat jy ander mense blatant wil misbruik om jou produkte te bemark. Veral dat jy sogenaamde 'up and coming' fotograwe teiken ; juis die mense wat waarskynlik nuut in besigheid is en wat jou besigheid baie nodig het. Ek gun jou die reg om geld te maak. Hoekom gun jy nie dieselfde vir fotograwe nie?

Ek wonder hoeveel van jou nuwe reeks produkte jy verniet gaan weggee ter wille van 'exposure'. Terloops, 'n mooi woord vir 'exposure' is 'blootstelling'.

Ek wonder hoeveel van die verkopers van die sakkies, of boksies, of mooi papier waarin jy jou nuwe reeks produkte gaan verkoop het hulle produkte gratis vir jou gegee aangesien jy 'exposure' in ruil daarvoor vir hulle gaan gee.

Weet jy dat 'n fotograaf ook 'n professionele diens, 'n professionele produk lewer ? 'n Diens en produk wat geld werd is ?

Weet jy van die babatjie wat gehuil het toe sy Pappa by die huis kom en sê dat hy vandag die hele dag gewerk het, en baie 'exposure' gekry het. Toemaar, moenie sleg voel nie, die baba het nie gehuil oor die 'exposure' nie ; dit was maar net trane van hongerpyne.

Weet jy van die fotograaf wat onlangs sy huis en sy kar verloor het omdat hy nie (betaalde) werk kon kry nie agv die omstandighede waarin ons tans leef ? Ja, almal kry swaar, nie net fotograwe nie. Maar hoekom misbruik jy en andere die 'goedheid' van fotograwe?

Weet jy hoe het die kassier by Checkers gelag toe die koper sê dat sy nie vir die kruideniersware wil betaal nie, maar sy sal baie 'exposure' vir Checkers sal gee vir die produkte ?

Weet jy van die ou wat by Pick 'n Pay uitgejaag is toe hy met 'exposure' vir sy kind se nuwe skooltas wou 'betaal'?

Weet jy wat die toerusting kos wat 'n professionele fotograaf wil gebruik om professionele fotos vir jou van jou belangrike 'nuwe reeks produkte' te neem ? Kom ons sê maar die kamera kos R 35,000, die lens R 12,500, die twee ligte R 7,000 elk, die twee sambrele R 500 elk. Daar is nog toerusting nodig, maar ek d**k jy kry die idee. Dan praat ons nog nie eers van die rekenaar en sagteware - en tyd - wat nodig is om die fotos perfek te verwerk vir jou nie. Jy sal miskien opmerk dat nie een van die items met 'exposure' gekoop kan word nie. Dan nog versekering vir die toerusting ook.

Dis nogal snaaks, maar fotograwe het ook kos nodig. En 'n dak oor hulle koppe. Hulle dra klere ook, al is dit nou nie noodwendig boetiekklere nie. En 'n voertuig om by jou te kom om fotos te neem. Ek het nog nooit 'n fotograaf ontmoet wat daarvoor met goeie 'exposure' kon betaal nie.

Ek d**k regtig dat jy vermetel is om so 'n versoek te plaas. Die tragiese is dat daar desperate fotograwe sal wees - mense wat regtig in die moeilikheid is - wat jou sal toelaat om hulle so te misbruik. Dis regtig 'n skande.

En dan diskrimineer jy ook nog deur spesifiek na 'n 'haar' te verwys.

Sies vir jou ! Ek hoop dat jou plasing uit onkunde is, en nie doelbewus nie.

Ek wens jou alle sterkte en sukses toe met jou 'nuwe reeks' produkte.

Beste groete,

Ook 'n fotograaf.

Kontak ons gerus as u belangstel en ons kan help.Please contact us if interested and we can help.
18/03/2021

Kontak ons gerus as u belangstel en ons kan help.

Please contact us if interested and we can help.

2021.01.15 - Sometimes just necessary.
15/01/2021

2021.01.15 - Sometimes just necessary.

When : Saturday 12 September 2020 09:30 - 15:00Where : Studio 91, MoreletaparkR 750 per participant.The fun theory/pract...
31/08/2020

When : Saturday 12 September 2020 09:30 - 15:00
Where : Studio 91, Moreletapark
R 750 per participant.

The fun theory/practical Workshop Content includes :

- Developing Images in Lightroom Classic
- Complete RAW Photo Editing
- Lightroom Brushes and Tips
- Your Own Signature Edits
- Lightroom Masks including the Automask Feature
- Lightroom Tips and Tricks
- New Features in Lightroom Classic 9.4
- Overview of Lightroom Classic February & June 2020 Updates
- The new ACR (Adobe Camera Raw) 12.3 June 2020 Update
- Review of a recommended Lightroom Worklow & Tips
- Why does X's & 1's & 2's & 3's & 4's matter ?

Lunch is included.

If interested, contact Johann @ 082.573.2900 or JohannvanStaden@gmail for more information.

African Tanacity - Wine and Craft spirits sales & distribution company – Class in every Glass.http://africantanacity.co....
19/03/2020

African Tanacity - Wine and Craft spirits sales & distribution company – Class in every Glass.

http://africantanacity.co.za/

A small selection of various product images.

Address

Hoyt Crescent
Pretoria
0181

Telephone

+27825732900

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VanStaden.Fotografie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to VanStaden.Fotografie:

Share

Category