21/06/2026
Johann en Karla, julle pre‑wedding fotosessie was ’n droom om vas te vang.
Julle het so ’n natuurlike sagtheid, warmte en opregte liefde wat deur elke foto skyn.
Julle is ’n pragtige paartjie en hierdie fotosessie is net ’n voorsmakie van die ongelooflike oomblikke wat nog voorlê. Ons sien met groot opgewondenheid uit na julle troue en die spesiale herinneringe wat ons daar gaan vasvang.
Die liefde tussen julle is mooi. Die reis wat wag, nog mooier. 💍