18/07/2023
Die storie agter Hello Gorgeous
Ek is gebore op 23 Maart 1998 in Sannieshof, Noordwes - hier waar ek steeds woon, waar my hartsbegeerte winkel is & wat ek nooit wil verlaat nie.
Ek is groot gemaak deur twee liefdevolle ouers wat my op elke tree van my pad ondersteun & bystaan, wat my geleer het van reg en verkeer, wat my geleer het om te kan lief hê, wat my van kindsbeen af geleer het om hard te werk vir wat ek wil hê, want as jy self vir dit werk waardeer jy dit meer!
Dis hier waar al die plannemakery begin het…
As klein dogtertjie het ek saam met my boetie en sussie ‘n ‘tuck shop’ op die plaas begin, so het die eerste entrepreneurskap begin (dis nou buiten die koop en verkoop en biblioteek speletjies in die huis). Daarna op die ouderdom van 13 het my Ouma my geleer om haar alom bekende Boere Beskuit te bak wat ek begin verkoop het. Dié het toe ‘Uit Marisa se Plaas kombuis’ geword en Boere Beskuit het toe uitgebrei na Gesondheids-en Karringmelk Beskuit.
Baie van my vakansies het bestaan uit beskuit bak en foto’s neem, want ek wil eendag ‘n fotograaf wees (nie dat my pa gedink het dit is ‘n regte werk nie 🤣). Hier uit het ontstaan.
Nadat ek in 2016 gematrikuleer het, het ek begin om Fotografie by Potchefstroom Akademie te studeer waar my Kosmotologie by Face tot Face kort op die hakke gevolg het.
Na ‘n paar weke se wik-en-weeg tussen ‘Life aboard’, ‘Living in Dalian’ en ‘Ek wil my eie ding doen’ is gebore.
Steeds het ek gehunker na meer en meer en vandag is ek die trotse eienaar van ‘n Skoonheids Salon en Geskenkwinkel en ek sal dit vir niks in hierdie wêreld verruil nie!
Ek dank die Here al vir 4 jaar & 7 maande dat Hy hierdie wonderlike geleentheid oor my pad gebring het.
Dit is hier by Hello Gorgeous waar ek floreer met parmantige lippe, wille krulle, funky outfits & drome wat net nooit mag opraak nie! Dit is hier waar ek op my gelukkigste is.
Hello Gorgeous, waar drome & passie een word.
-