Simply Meili Photography - Birth & Lifestyle Photographer

Simply Meili Photography - Birth & Lifestyle Photographer Birth | Lifestyle Photographer. SABPA Registered
Evoking emotion through my photography. Potchefstroom & beyond

👉🏼Zanné Botha

I DID IT. 💛Ek noem hierdie my “I DID IT” foto’s.Daardie oomblik wanneer baba pas gebore is en Ma besef:“Ek het dit gedoe...
24/08/2026

I DID IT. 💛
Ek noem hierdie my “I DID IT” foto’s.

Daardie oomblik wanneer baba pas gebore is en Ma besef:
“Ek het dit gedoen.”
Die trots.
Die skok.
Die verligting.
Die ongeloof.

Elke ma se gesig vertel ’n ander storie.
Dis hoekom ek so lief is vir geboorte-fotografie.
Elke persoon teenwoordig op daardie dag, ervaar dinge anders.
Ek self. Hul graag saam as ek die kans kry.

Hierdie is net 'n bitter klein gedeelte van wat ek elke keer experience🥹

SA Birth Photographers



Liewe lewe💟Swart & wit, maar steeds vol emosie.Elke geboorte het sy eie storie. Elke mamma, elke pappa, elke baba en elk...
17/08/2026

Liewe lewe💟
Swart & wit, maar steeds vol emosie.

Elke geboorte het sy eie storie.
Elke mamma, elke pappa, elke baba en elke geboorte.
Oomblikke word anders beleef.
Party huil, party lag, party is stil… en party voel sommer alles op een slag (soos ek🤣🥲)

Om daardie stories deur fotografie te vertel, akkuraat te vertel, is iets waarna ek elke keer streef.
Nie net om mooi foto’s te neem nie, maar om die gevoel van daardie dag vas te vang.

Want jare later moet jy nie net kan sien wat gebeur het nie, jy moet dit weer kan VOEL

Dankie liewe Dedre Du Plessis vir hierdie GROOT voorreg.



SA Birth Photographers

Ek d**k mense sien dikwels net die mooi kant van geboorte-fotografie.Die baba. Die trane. Die klein handjies. Die eerste...
16/08/2026

Ek d**k mense sien dikwels net die mooi kant van geboorte-fotografie.

Die baba. Die trane.
Die klein handjies. Die eerste oomblikke.
Maar my werk is eintlik soveel meer as net om foto's te neem.

My niche is families, maar my hart lê veral by geboortes. ♥️
En ek weet... om 'n vreemdeling met 'n kamera in een van die mees persoonlike oomblikke van jou lewe te hê, kan nogal ongemaklik wees.

Ek verstaan dit.
Want ek is ook soms ongemaklik. 😂

Dis hoekom ek uit my pad gaan om julle gemaklik te laat voel. Ek wil nie voel soos "daai fotograaf wat daar rondstaan & net alles afneem" nie.

Op julle groot dag wil ek daar wees as support.
As 'n ekstra paar hande.
As iemand wat julle kan laat lag wanneer dinge 'n bietjie intens raak.
Net nog ñ vriendin.

En dan is daar natuurlik Pappas...
Ek sal sê 90% van die tyd is dit die Pappas wat eerste sê: “Ek wil nie foto's hê nie, veral nie van ñ geboorte nie.”

Ek is daar om julle werk ligter te maak.
Ek vang die klein goedjies raak wat julle dalk mis.
Ek dokumenteer wat gebeur sodat julle nie heeltyd hoef te d**k aan foto's, video's en "het ons dit afgeneem?" nie.

Want, uiteindelik wil ek hê julle moet onthou hoe dit gevoel het, nie net hoe dit gelyk het nie.

fans
SA Birth Photographers

GEBOORTESTORIESUit Mamma Cisca Ducharme se perspektief (2 babas later)😄Daar was lang ure se wag. 'n Stoel in die kamer w...
27/07/2026

GEBOORTESTORIES
Uit Mamma Cisca Ducharme se perspektief (2 babas later)😄

Daar was lang ure se wag.
'n Stoel in die kamer wat my bed geword het.
En selfs 'n paar ure se slaap in my kar.

Ek sal eerder 'n uur te vroeg wees as tien minute te laat😅

Vandag deel ek Cisca se antwoorde op 10 vrae oor haar ervaring met my as haar geboortefotograaf.

Ek hoop haar storie gee vir ander mammas die moed om hierdie ongelooflike oomblikke ook te laat vasvang. 🤍



SA Birth Photographers

Daar is iets besonders daaraan om 'n familie weer voor my kamera te hê💛Eers was dit Malakai se geboorte.Nou is dit hul g...
26/07/2026

Daar is iets besonders daaraan om 'n familie weer voor my kamera te hê💛
Eers was dit Malakai se geboorte.
Nou is dit hul gesin.

Dis vir my 'n voorreg wanneer mense my weer kies.
Nie net vir foto's nie. Maar vir hul herinneringe.

Ek hoor gereeld:
"Ons is ongemaklik voor 'n kamera."
Maar dis nie hoe my sessies werk nie.

Ons stap.
Ons gesels.
Ons lag.
En voor julle dit besef, vergeet julle van die kamera & soms tyd.

Dankie, Luard en Anelda Hartung Visagie, dat ek weer deel van julle storie kon wees. 🤍




Welkom aan nog 'n kleine baba💟Die oproep het onverwags gekom & ek moes behoorlik voet in die hoek sit van Potchefstroom ...
20/07/2026

Welkom aan nog 'n kleine baba💟

Die oproep het onverwags gekom & ek moes behoorlik voet in die hoek sit van Potchefstroom tot in Klerksdorp.😅
Toe ek daar aankom, het ek besef hoe anders elke gesin se storie lyk. En dis presies hoe dit moet wees.

Franzel & haar man het nog 'n inkopielys vir baba gehad wat hulle daardie dag wou afhandel... maar díe klein lyfie het ander planne gehad.

Wat my die meeste bygebly het, was hulle mense.
Daardie "support" sisteem wat net opdaag.
Sonder vrae. Sonder huiwering.
Net reg om te help waar hulle kan.

Ek het daardie dag weer besef:
Daar is nie net één regte manier om ouers te wees nie.
Daar is net liefde & mense wat jou dra wanneer jy dit die nodigste het.

Dis 'n voorreg om sulke oomblikke van só naby te mag beleef. 🤍



SA Birth Photographers

Daar is iets besonders aan die stilte van die nag.Terwyl die wêreld slaap, bring iemand nuwe lewe in die wêreld.In die s...
08/07/2026

Daar is iets besonders aan die stilte van die nag.
Terwyl die wêreld slaap, bring iemand nuwe lewe in die wêreld.

In die stil ure van die oggend het ons gewag.
Asem gehaal.
Hoop vasgehou.

Mamma was ongelooflik sterk.
Kontraksie na kontraksie het sy aangehou, haar man het haar hand nooit gelos nie.
Stil. Geduldig. Teenwoordig.
Die soort ondersteuning wat nie altyd woorde nodig het nie.💛

Nie elke geboorte volg die pad waarvoor mens hoop nie.
Maar elke geboorte verander iemand vir altyd.

Dit was 'n voorreg om hierdie deel van hulle storie te kon vasvang.

SA Birth Photographers



Soms skryf die lewe stories wat jy nooit self sou kon uitd**k nie.'n Paar maande gelede het ek 'n 5 km gaan "draf"... of...
01/07/2026

Soms skryf die lewe stories wat jy nooit self sou kon uitd**k nie.

'n Paar maande gelede het ek 'n 5 km gaan "draf"... of eerder probeer oorleef. 😅
'n Swanger vrou het verby my gekom, met gemak.
By my eerste kilometer was sy oppad TERUG, terwyl ek nog gewonder het hoekom ek ooit ged**k het dit is 'n goeie idee.

Min het ek geweet dat dit Annemi Beukes was.🤣
En nog minder het ek geweet dat ek 'n paar maande later die voorreg sou hê om die geboorte van hulle groot wonderwerk af te neem.

Die dag van baba se koms het haar man vir haar 'n splinternuwe paar tekkies gegee. Nie omdat sy dit nodig gehad het nie, maar as 'n klein herinnering aan hoe sterk sy is & vir motivering vir die pad wat nog voorlê.

Tien jaar se wag.
Tien jaar se hoop.
Tien jaar se gebede.
En toe, uiteindelik, na 10 jaar in Mamma se arms.

Ek d**k dis hoekom ek so lief is vir geboortes. Jy sien nooit net 'n baba wat gebore word nie. Jy sien jare se verlange. Trane wat verander in vreugde.

Welkom, klein wonderwerk💙

SA Birth Photographers

Welkom klein baba💟Sommige dae bly net langer by mens as ander.Hierdie was een van hulle.Daar was soveel liefde in die ka...
25/06/2026

Welkom klein baba💟

Sommige dae bly net langer by mens as ander.
Hierdie was een van hulle.
Daar was soveel liefde in die kamer.
Soveel trots. Soveel emosie.

Die soort dag wat jou herinner dat die lewe soms verskillende gevoelens in dieselfde oomblik kan dra.
Vreugde. Hoop. Dankbaarheid.
En tog ook die sagte herinnering dat elke storie meer as een hoofstuk het.

Bittersoet.
Maar mooi.

Dankie Hesmari Claassen vir jou vertroue in my.
Ek is julle ewig dankbaar dat ek hierdie oomblikke kon vasvang. 🤍

SA Birth Photographers



Ek het soveel Mammas wat vrae het oor geboortes.Die hoe, wat & waar..Daarom het ek dit goed ged**k om die real-life expe...
08/06/2026

Ek het soveel Mammas wat vrae het oor geboortes.
Die hoe, wat & waar..
Daarom het ek dit goed ged**k om die real-life experiences te deel met julle.

Elke geboorte lyk anders.
Soms is dit 'n gejaag & ander kere voel dit soos 'n coffee date, vir my😁

As jy vrae het oor enige van my shoots of dalk wil hê ek moet jou experience deel, comment sommer.

Ek d**k hierdie kan nogals eksoties raak💛



SA Birth Photographers

Address

Potchefstroom

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Simply Meili Photography - Birth & Lifestyle Photographer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category