05/01/2023
Meer oor die persoon agter Shmily Fotografie.
Ek is Tineke van Rooyen, gelukkig getroud met 'n baie ondersteunende man en Mamma van 4 pragtige, bedrywige kindertjies.
My liefde vir fotografie het as 'n hobby begin om my kinders af te neem en die belangrike mylpale en geleenthede vas te vang. Hulle weet al hulle moet 'cheese' en my man se geduld met fotos neem het al aansienlik verbeter ☺️
Tyd is so kosbaar en elke geleentheid en ouderdom so uniek dat ek voel dis so nodig om dit vas te vang.
Ek glo ook dat die Here sekere goed oor mens se pad stuur en dat fotografie een van hulle vir my is.
Dis kosbaar om die liefde tussen familie, die vreugde van 'n kind, die besonderse skepping van 'n baba en die pragtige band tussen vriende te kan vasvang.
Ek is eintlik 'n onderwyseres, maar tans 'n tuisbly Mamma met 'n passie vir kinders en fotografie. Ons woon nou al so 15 maande in Potchefstroom en sien uit om nog baie nuwe gesigte te ontmoet.
Skakel my gerus vir daardie spesiale oomblikke.
Liefde Tineke