Lens Liefde Fotografie

Lens Liefde Fotografie Maryke | Port Elizabeth Photographer
You are a priceless masterpiece. Fearfully and wonderfully made. Don't you ever forget that!

En net so is 2026 volbespreek! 🤯📸Lens Liefde Fotografie is amptelik VOLBESPREEK vir die res van 2026! 🎉Ek wil net 'n oom...
13/08/2026

En net so is 2026 volbespreek! 🤯📸
Lens Liefde Fotografie is amptelik VOLBESPREEK vir die res van 2026! 🎉

Ek wil net 'n oomblik vat om vir my ongelooflike kliënte DANKIE te sê. Julle lojaliteit en ondersteuning is wat Lens Liefde Fotografie laat leef!

Soos baie van julle weet, het ek ook 'n permanente voldag werk én my ander grafiese ontwerp side-hustle, en soms raak my hande bietjie vol (en die ure bietjie min! 😅). 💻 Daarom wil ek net 'n ekstra groot dankie sê vir julle eindelose geduld! Ek weet ek vat soms so 'n bietjie langer om boodskappe te antwoord of daardie full galleries uit te stuur, maar weet asseblief dat ek dit opreg waardeer dat julle so verstaanbaar is. Ek sit my hart en siel in elke liewe foto.

Dankie dat julle my ondersteun. Julle is regtig die beste! ❤️

As jy al klaar planne maak vir 2027, moenie te lank wag nie... stuur vir my 'n boodskappie sodat ons jou datum vroegtydig op die kalender kry! 🙌

Lens Liefde,
Maryke

Hulle sê mos Port Elizabeth kry gewoonlik al vier seisoene in een dag, maar ek is redelik seker ons het al die seisoene ...
23/05/2026

Hulle sê mos Port Elizabeth kry gewoonlik al vier seisoene in een dag, maar ek is redelik seker ons het al die seisoene in hierdie een sessie gekry! 🌤️🌬️⛅

Van reën voor die sessie, helder sonskyn op die rotse tot 'n pragtige winderige golden hour, en uiteindelik 'n romantiese atmosfeer in die fynbos. Hierdie paartjie het net saam met die elemente gevloei, en die resultaat foto's propvol emosie!

Inneke en Du Preez, julle is die mooiste couple! Happy 3 jaar anniversary💛

Die Snymans! 🤎✨ Wat 'n ongelooflike mooi en unieke troudag. Ek is absoluut mal oor die styl wat hierdie twee gekies het....
22/05/2026

Die Snymans! 🤎✨ Wat 'n ongelooflike mooi en unieke troudag. Ek is absoluut mal oor die styl wat hierdie twee gekies het... die aardse kleure, die droë fynbos en pampasgras, die swart en bruin pakke, en natuurlik daardie pragtige denim baadjie!

Hier is 'n paar van my absolute gunsteling hoogtepunte van hul perfekte dag. Van die emosionele oggend-oomblikke en 'n pragtige seremonie, tot daardie asemrowende couple shoot en 'n onvergeetlike partytjie op die dansvloer. Dit was so 'n groot voorreg om hierdie hoofstuk vir julle af te neem.

Julle is welkom om julself en jul vriende te 'tag'! 🥂

Venue: Arabest Venue's & Accommodation
Dekor: Ilonice's Events & Decor
Dekor Setup: Rialda Van Jaarsveld
Neon Sign: Shade Lane
Surname board: LaserHeart & Craft
Seating Plan: Art@Licious
Audio Guestbook: Leo & Willow Co.
Koek: Marne van Wyk

Welkom in klein Lea se pienk wêreld! 🎀✨ Wat 'n ongelooflike mooi oggend om vir Nikki en haar babadogtertjie te vier.Van ...
21/05/2026

Welkom in klein Lea se pienk wêreld! 🎀✨ Wat 'n ongelooflike mooi oggend om vir Nikki en haar babadogtertjie te vier.

Van die pragtige dekor en blomme tot die heerlike kos, elke liewe detail was met soveel liefde beplan. Dit was so spesiaal om te sien hoe familie en vriende bymekaarkom om hierdie pragtige mamma te bederf voordat hul nuwe hoofstuk begin. 🌸

Venue: D’Stasie Venue

Throwback na Meneer & Mevrou Marais! 💍✨ Wat 'n ongelooflike, pragtige dag van begin tot einde. Die kleurskema was so ele...
08/05/2026

Throwback na Meneer & Mevrou Marais! 💍✨ Wat 'n ongelooflike, pragtige dag van begin tot einde. Die kleurskema was so elegant, en elke liewe detail was net perfek beplan.

Maar die heel beste deel? Die absolute vreugde en liefde wat hierdie twee vir mekaar (en hul gaste!) het. Na 'n emosionele en pragtige seremonie, het hierdie mense beslis gewys hoe 'n ware "Marais Makietie" moet lyk! Die dansvloer was aan die brand. 🔥

Baie geluk aan die pragtige paartjie. Dit was 'n absolute eer om hierdie hoofstuk vir julle vas te vang. Julle is meer as welkom om julself en jul vriende te 'tag'!

Daar is iets so ongelooflik spesiaal daaraan om gesinne met ouer kinders af te neem! 🌊✨ Tyd stap so vinnig aan, en ons v...
07/05/2026

Daar is iets so ongelooflik spesiaal daaraan om gesinne met ouer kinders af te neem! 🌊✨ Tyd stap so vinnig aan, en ons vergeet soms om steeds daardie kosbare gesinsfoto's op te dateer sodra die kinders groter is.

Die Jurgens-gesin het my herinner presies hoekom hierdie sessies so lekker is! Ons het soveel pret gehad op die strand, en die liefde tussen die broers en suster is net so mooi om te sien. Gooi 'n asemrowende golden hour in die agtergrond, en jy kry magic!

Baie dankie dat ek hierdie seisoen vir julle kon vasvang. 💛

Die strate was vol liefde (en koffie!) tydens Janine en Jaco se verlowing fotosessie. ☕️❤️ Dit was so lekker om hierdie ...
06/05/2026

Die strate was vol liefde (en koffie!) tydens Janine en Jaco se verlowing fotosessie. ☕️❤️ Dit was so lekker om hierdie ontspanne, prettige oomblikke vir hulle vas te vang voor hul groot dag in Augustus. As hierdie sessie enige aanduiding is, gaan hul troudag een vir die boeke wees! 📸 Hier is 'n paar van my gunstelinge uit hul stedelike liefdesverhaal.

📣 BELANGRIKE AANKONDIGING: 2026 Besprekings! 📣Hallo almal! Baie datums is reeds geboek vir 2026... en ek moes al nee sê ...
05/05/2026

📣 BELANGRIKE AANKONDIGING: 2026 Besprekings! 📣

Hallo almal! Baie datums is reeds geboek vir 2026... en ek moes al nee sê vir 'n paar mense (en julle weet ek kan of hou nie daarvan nie! 🫣) As julle beplan om julle groot dag of 'n spesiale geleentheid in hierdie jaar te vier, moenie wag nie.

Kyk na die foto vir my beskikbare datums vir Mei tot Desember 2026.

📲 Hoe om te boek:
Stuur asseblief vir my 'n WhatsApp om julle datum te verseker (ek mis soms die dm's).

Ek sien uit daarna om julle herinneringe vas te vang! 📸✨

Die mooiste babatee vir klein Lien! 🎀🍼 Dit was die perfekte setup vir hierdie spesiale viering vol liefde, lag en die mo...
05/05/2026

Die mooiste babatee vir klein Lien! 🎀🍼 Dit was die perfekte setup vir hierdie spesiale viering vol liefde, lag en die mooiste bederfies vir mamma Karli. Dit is altyd so 'n voorreg om hierdie vreugdevolle mylpale deur my lens vas te vang. Hier is 'n paar van my gunsteling oomblikke van die dag te sien! 🌸📸

'n Nuwe hoofstuk en 'n onbreekbare band. ❤️ Dit was so 'n groot voorreg om hierdie kosbare oomblikke vir Lauren en Marno...
04/05/2026

'n Nuwe hoofstuk en 'n onbreekbare band. ❤️ Dit was so 'n groot voorreg om hierdie kosbare oomblikke vir Lauren en Marno vas te vang. Mens kan sommer die liefde in hierdie foto's sien. Mag daar net pragtige nuwe herinneringe in jul huis gemaak word! 📸

Address

Port Elizabeth

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lens Liefde Fotografie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category