31/07/2026
Kliënt: “Ek kort dringend nuwe foto's vir my besigheid, maar ek verpes die kamera. Wat doen ek met my hande?!
Byna elke persoon voor my lens, sê presies hierdie woorde vir my. En dis 100% okay!
Jy hoef nie ’n professionele model te wees om foto's te kry wat natuurlik, warm en professioneel lyk nie.
Kyk net na die pragtige spanfotos van Lyftaal Holistic Sanctuary in die Paarl.
Ons het hul eie natuurlike kleurskema gebruik om elkeen se unieke, vriendelike persoonlikheid vas te vang — heeltemal sonder daardie stywe, koue korporatiewe look.