11/04/2026
Daar is iets baie besonders aan ’n vrou wat 40 word en besluit om nie net die oomblik te vier nie, maar dit vas te vang.
Op die stil grond van Mareetsane, tussen stofpaaie, sagte lig en natuurlike waterstrome, het Jolind haar storie saamgebring — nie net haar eie nie, maar dié van haar drie grootste skatte. Haar twee seuns, vol grappies en tonne liefde vir hulle mamma, en die man langs haar wat die jare saam geweef het in iets stil, sterk en eg.
Hierdie is nie 'n storie wat ek hoef te verduidelik nie — want jy sien dit... In die klein, ongevraagde oomblikke tussen die foto’s. Daar waar liefde nie geposeer hoef te word nie.
Vir Jolind is hierdie haar wêreld. Vol hartjies en wishies en liefde en lekker lag! Julle is perfek in elke opsig📸🩷