Mel.FOTOGRAFIE

Call Directions Contact the business

Mel.FOTOGRAFIE Professional Photographer

01/10/2026

koerant baie dankie vir die voorblad van ons pragtige matriekdogters.

Liewe Alienka,Jy is nog oppad, maar reeds so geliefd! Daar word met groot opgewondenheid vir jou gewag en met hope en to...
01/10/2026

Liewe Alienka,

Jy is nog oppad, maar reeds so geliefd! Daar word met groot opgewondenheid vir jou gewag en met hope en tonne liefde word jou plekkie vir jou reg gemaak🩷

Kom veilig, kleine hartjie. Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie. Jy weet dit nog nie, maar ons almal wag in spanning vir jou!

Kayla Roodzant

Mienke en Eduan vergesel mekaar vanaand na Hoërskool Lichtenburg se Matriekafskeid, oooooh en hierdie sessie is een vir ...
23/09/2026

Mienke en Eduan vergesel mekaar vanaand na Hoërskool Lichtenburg se Matriekafskeid, oooooh en hierdie sessie is een vir die boeke!

Hoe begin ek eers praat oor hierdie girl...? Sy het my asem weg geslaan die oomblik wat ek my oë op haar gesit het, elke click met haar voor my lens het effortless gevoel, asof ek besig was om vir Vogue te shoot en sy was 'n proffesional (ek het dit heeltyd vir haar ook gesê😄) Sy stap net voor my kamera in en die magic ontplof! Die rok, die detail, haar "kasteel", die manier waarop sy beweeg en daardie ongelooflike selfvertroue — alles het net so mooi gewerk.

En dan Eduan… die perfekte gentleman wat haar so mooi gekomplimenteer het. Ek dink vanaand gaan Hoërskool Lichtenburg se matriekafskeid vir julle ’n aand wees om te onthou — en ek is so bly ek kon ’n klein stukkie van hierdie spesiale tyd vir julle vasvang💙

Ontwerper: Althea Nel
(ek wil ook net vir jou 'n stukkie van my opinie gee... jou werk is SPECTACULAR!!)
Hoerskool Lichtenburg

Mooiste Megan het behoorlik die koppe laat draai vir haar matriekafskeid by Hoërskool Stella. In haar STUNNING koningsbl...
23/09/2026

Mooiste Megan het behoorlik die koppe laat draai vir haar matriekafskeid by Hoërskool Stella. In haar STUNNING koningsblou rok, ontwerp deur Althea Nel, het sy met 'n natuurlike grasie gestraal!

Tussen al die opgewondenheid, mooi rokke en groot drome van 'n matriekafskeid, was daar ook daardie stil oomblikke waar mens besef hoe vinnig hierdie hoofstuk verbygegaan het💙

Ontwerper: Althea Nel
Grimering: Hilze Loubser

Hier is die volle storie deur Maroela Media, dankie Elaine Peens Botha dat ek kon deel wees van hierdie geleentheid🩷
15/08/2026

Hier is die volle storie deur Maroela Media, dankie Elaine Peens Botha dat ek kon deel wees van hierdie geleentheid🩷

Ses pienk graansakke pryk soos wafferse veldblomme tussen tientalle wittes op die dorre grond van die Kliparani-graanstoor op Mareetsane in Noordwes.

Die spoor onder hulle voete sê: vorentoe.Reguit. Sonder om terug te kyk. Sonder om te vra.’n Pad wat sny deur alles.Maar...
11/04/2026

Die spoor onder hulle voete sê: vorentoe.
Reguit. Sonder om terug te kyk. Sonder om te vra.
’n Pad wat sny deur alles.

Maar hulle oë sê iets anders—
hulle sê: saam...
In elke kyk, elke stil oomblik tussen die geraas, lê daardie een sekerheid wat nie geskud kan word nie.

Want dalk is dit al wat ooit saak maak—
nie om elke draai te ken nie,
nie om die eindpunt te sien nie,
maar om te weet wie langs jou stap wanneer die wêreld aanhou beweeg.

En daar, tussen staal en grond,
het Marco en Ziane nie net ’n rigting gekies nie…
hulle het mekaar gekies❤️

Daar is iets baie besonders aan ’n vrou wat 40 word en besluit om nie net die oomblik te vier nie, maar dit vas te vang....
11/04/2026

Daar is iets baie besonders aan ’n vrou wat 40 word en besluit om nie net die oomblik te vier nie, maar dit vas te vang.

Op die stil grond van Mareetsane, tussen stofpaaie, sagte lig en natuurlike waterstrome, het Jolind haar storie saamgebring — nie net haar eie nie, maar dié van haar drie grootste skatte. Haar twee seuns, vol grappies en tonne liefde vir hulle mamma, en die man langs haar wat die jare saam geweef het in iets stil, sterk en eg.

Hierdie is nie 'n storie wat ek hoef te verduidelik nie — want jy sien dit... In die klein, ongevraagde oomblikke tussen die foto’s. Daar waar liefde nie geposeer hoef te word nie.

Vir Jolind is hierdie haar wêreld. Vol hartjies en wishies en liefde en lekker lag! Julle is perfek in elke opsig📸🩷

Address

Mareetsane

Telephone

+27828097272

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mel.FOTOGRAFIE posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mel.FOTOGRAFIE:

Shortcuts

Share

Category