09/10/2019
Dis harsteer om te sê....
Dis ons laaste troue vir 'n baaaie lang tyd. Dit was werklik 'n voorreg en 'n seën om deur die jare pragtige mense te kon ontmoet en om deel te gewees het van elkeen se spesiale dag. Ongelukkig het dit tyd geword om die kameras weg te bêre en kosbare tyd saam met die kids deur te bring.
Allie en Eli, wat 'n hoogtepunt om mee af te sluit. Julle is voorwaar 'n asemrowende paartjie en sulke pragtige mensies. Julle dag was baie special en almal op julle troudag was soos ons eie vriende. Mag julle huweliksboodjie veilig en voorspoedig vaar.