04/06/2026
'n Klein versoek uit my hart ❤️
Ek is nie iemand wat maklik vir hulp of ondersteuning vra nie, maar hier is ek.
My fotografie en make-up besigheid is nie net iets waarvoor ek lief is nie dit is hoe ek probeer om 'n inkomste te verdien. Die laaste tyd was stil, en soos baie klein besighede weet, kan dit soms moedeloos raak wanneer jy so hard probeer en dinge nie altyd uitwerk soos jy hoop nie.
Ek gee my hart in elke fotosessie, elke make-up afspraak en aan elke kliënt wat my vertrou. Daarom wil ek vandag vra asseblief help my deur my blad te deel, my aan te beveel, my plasings te ondersteun, of my te kontak vir jou volgende geleentheid.
📸 Fotografie | 💄 Professionele Make-up
• Troues
• Matriekafskeide
• Verjaarsdae, familie en enige spesiale geleenthede
Ek is ook bereid om te reis indien nodig, en ek help graag saam met ander fotograwe en make-up artist.
Elke bespreking, elke deel, elke aanbeveling en elke vriendelike woord beteken vir my meer as wat julle besef. Dit help my om aan te hou droom, aan te hou bou en nie op te gee nie.
Dankie aan elke persoon wat my al ondersteun het, en aan elkeen wat nog gaan. Julle ondersteuning maak regtig 'n verskil. ❤️
📞 076 486 7208
Stuur gerus 'n boodskap vir navrae.
LTTL Photography
Elora Belle Makeup Artistry