07/05/2026
Vandag se caption is nie geskryf deur my nie maar Lizé, want hier is ń mooi-diep storie agter die foto’s! 🖋
“Ek, Lize, toe nog ’n derdejaar Beroepshigiëne student, en Dawid, ’n vierdejaar student, het ons nie heeltemal per toeval ontmoet nie - ons het al van mekaar geweet. Maar dit was eers tydens ’n fisiologie-prakties, waar ons ’n laboratoriumblad moes deel, dat dinge werklik begin het. ’n Handskud, ’n paar “nota-uitruilings” na klas… en skielik was daar iets meer as net studies wat hul aandag gehou het.
Dis waar alles begin het… ’n eenvoudige oomblik wat gegroei het tot iets besonders.
Op 5 April 2026 het Dawid toe die groot vraag gevra! 💍
Ons wonderlike couple-vriende, Jana en Wilmar, het van so ver as Namibië ons verlowingsfoto’s geskenk. Dit is ’n herinnering wat ons altyd sal koester. En om dit nog meer spesiaal te maak, het ek besluit om my oupa se 1978 Porsche Targa te gebruik - dit was deur my twee ouer boeties en my eie matriekafskeid as kar gebruik.
En só begin ons verhaal… nog nie finaal bevestig nie, maar met ’n droom en plan vir 2027.”
PS. Kyk in die 'comments'… daar sal ń foto geplaas word van Lize se ma en pa by die Porsche toe hulle seker so 24 was. WOW! Die Porsche word gekoester deur elke generasie! 👥