Caren Faul Bump To Baby Photography

Caren Faul Bump To Baby Photography Hi, I’m Caren Faul; a Klerksdorp-based photographer specialising in maternity, newborn, birth, family, preschool & corporate photography. Since 2020

I’m here to help you savour the experience. Also offering 3D molds & pregnancy dress rentals. Caren Faul is 'n gekwalifiseerde portret fotograaf wat spesialiseer in Geboorte, Baba & Familie fotografie. Sy is ook 'n geregistreerde lid by die ‘South African Birth Photographers Association’ (SABPA). Sy is gebaseer in Klerksdorp, Noordwes en dien die omliggende dorpe. Caren se passie vir detail en ord

e maak dat haar fotografie 'n oomblik in tyd, ‘vir altyd en 'n dag’ kan vasvang. Haar toewyding en tydlose geduld maak haar eindproduk meer as besonders. Haar sagte omgee hart word toe “gewrap” saam met elke foto van onthou... sodat jy jare daarna, na die foto’s kan kyk, en die liefde en vrede opnuut ervaar. Haar nuwe idees en kommunikasie vermoëns laat jou sommer vinnig op jou gemak voel. Sy is leergierig maar deel ook graag haar kennis, sy is 'n liefdevolle vrou en mamma van drie (Wian 2016, Carmien 2018 en Johané 2020). Hoe het my storie ontvou? Ek is 'n gebore, klaar ‘n mamma en onderwyseres, met ‘n kamera in my een hand en ‘n verfkwas in die ander. Na vyf wonderlike jare as 'n grondslagfase onderwyseres het ek besluit om einde 2019 my rooi pen finaal neer te sit. Ek het besef ek mis net te veel van my eie kinders se vormings-jare en dat hulle baie meer gaan baat met, hulle mamma, by die huis. Ek het so verlief geraak op die hele swangerskap gevoel - almal hou tog daarvan om bederf te word. Die opgewondenheid as geheel, en daardie groot “countdown” wat begin! Dit is asemrowend! Die gereedmaak vir die nuwe mensie wat jy in die gesin gaan verwelkom is onbeskryflik. Die nagte se wakker lê met al die gedagtes in my kop... oor hoe hy/sy gaan lyk, babakamer-idees en dinge wat ons saam gaan doen. Mens sien al tot die gesinsfoto’s teen die sitkamer muur. En so kom die groot dag toe nader, eers voel dit soos 'n leeftyd wat net nie verby wil gaan nie, en die volgende oomblik voel dit jy wil die horlosie laat stil staan. Die geboorte van my kinders het waarlik soos hulle sê “'n dag in my lewe laat stil staan”. Dit was vir my 'n sprokiesverhaal wat ek nooit wou laat eindig nie. Ek het so lank gedroom van daardie oomblik en niks kon my voorberei vir die werklikheid nie. In… My… Lewe... het ek nie geweet ‘n mens is in staat om soveel emosies op een slag te voel nie. Die oomblik toe ek daai eerste sagte-skaap-blêr-geluidjie van my seuntjie, wat sy eerste huil gee, hoor; was onbeskryflik. Jou moederinstink vat net oor en jy wil meer sien, meer weet oor alles wat daarna gebeur, en dan daardie skielike rustigheid wat oor jou spoel, as hulle daardie dingetjie - wat in doeke toegedraai is - teen jou wang hou vir 'n foto. Trane van blydskap stroom, jou kop is skoon. Vir daardie 5-goue-sekondes is daar geen bekommernisse of gedagtes wat deur jou kop stroom nie... dis stil.... jy neem alles net in. Ek het ged**k my troudag was spesiaal… MAAR! Daardie gevoel van mamma en pappa word... is “next level”. Dis presies daardie oomblik se emosies... en alles wat daarop volg, al die eerstes... waaraan ek verslaaf geraak het. Die harde besef, na die geboorte van my tweede poppie, dat ek nie elke 2de jaar kan swanger raak nie was hartverskeurend. Die moeilikste van alles was om te d**k, Hierdie is my laaste keer… Dit het baie emosionele sparteling gevat om tot op die punt te kom waar ek “okay” was. Ek moes vrede maak met die gedagte dat ek nooit weer hierdie wonderlike oomblikke gaan beleef nie. Geen pensie, geen lippies wat aan my suig nie... Dit is die harde realiteit, kinders word groot. Maar toe kom ek tot die besef; ek hoef nie van daardie wonderlike oomblikke afskeid te neem nie: ‘n oomblik kan in ‘n foto vasgevang word. Dit is hierdie insig wat die dryfkrag agter my passie vir fotografie is: ek kan ooblikke vol emosie vir my kliënte verewig, op 'n foto, waarna hulle altyd sal kan terugkyk. Of dit julle eerste of laaste is...ek sal sorg dat julle dit vir altyd onthou. Ons geboorte-foto’s is van ons waardevolste besittings - as die huis brand, gryp jy dit eerste. Ek vang die oomblik vas wanneer EK en MY verander in ONS. Welkom by ouerskap! [Dun-Dun-Duuuuuun]

Liefde
Caren
# # #

🤍 6 Years. Thousands of Memories. One Grateful Heart. 📸As I look back over the past six years, my heart is overflowing w...
16/06/2026

🤍 6 Years. Thousands of Memories. One Grateful Heart. 📸

As I look back over the past six years, my heart is overflowing with gratitude.

What started with one camera, a big dream, and a lot of faith has grown into a journey I could never have imagined.

To every mommy who trusted me with her pregnancy glow…
To every family who placed their precious newborn in my hands…
To every child who made me laugh during a milestone session…
To every family who returned year after year and allowed me to watch their children grow…

Thank you.

You are not just clients to me. You are part of my story.

Because of your support, I have been able to:
✨ Capture 30+ beautiful birth stories
✨ Serve 14 amazing preschools
✨ Photograph approximately 300 clients every year
✨ Open my own dream studio
✨ Grow into 4 businesses with an incredible team

There were moments of doubt, tears, long nights, and challenges I never expected… but there were also so many blessings, friendships, and moments that reminded me why I started.

To my husband and children – thank you for sharing me with so many families and for supporting my dream every single day. 🤍

Most importantly, I thank God for opening doors I could never have opened myself, for carrying me through the difficult seasons, and for blessing my hands and my business.

Six years ago, I captured tiny newborns who are now big school children. That is something I will never take for granted.

Here’s to every cuddle, every little yawn, every tiny finger, every proud parent, and every memory still waiting to be captured.

Happy 6th Birthday, Caren Faul Photography. 🤍

With love and gratitude,
Caren

“A dream written in faith, built with love, and made possible by every family who trusted me.” 🌿📷

Please note:For More info: www.carenfaul.co.za083 715 6276Belly Buds 3D MoldsFinal Touch Photography Props & Dress Renta...
16/06/2026

Please note:
For More info: www.carenfaul.co.za
083 715 6276

Belly Buds 3D Molds
Final Touch Photography Props & Dress Rentals

12/06/2026

Forget another teddy bear.
Give the new parents a keepsake they'll treasure for a lifetime.

👣 Baby Foot Mold – R250
🖐 Baby Hand Mold – R250

FREE visits to Life Anncron & Lenmed Wilmed Park Hospitals.

Book before baby leaves hospital.

Caren Faul: 083 715 6276

Www.carenfaul.co.za
Belly Buds 3D Molds

Kyk net die oulike temas!
01/06/2026

Kyk net die oulike temas!

If that test just changed your life…let’s make sure you never forget a single moment of it.From bump… to baby… to family...
01/05/2026

If that test just changed your life…
let’s make sure you never forget a single moment of it.

From bump… to baby… to family…
I’m here to capture it all.

Newborn sessions are limited each month to give every mommy the time and care she deserves.

✨ Best within 14 days after birth
✨ Studio based | Everything provided
✨ Payment plans available when booking early

Don’t wait until baby is here…

📸 Book early to secure your due date
✨ Stress-free, fully styled sessions
📍 Klerksdorp
📲 083 715 6276
🌐 www.carenfaul.co.za⁠�

Nuzelle Botha | Bruhan Flintstone Theme Steak Smash 2026Ek love dit as seuntjies hulle self so geniet soos hierdie klein...
30/04/2026

Nuzelle Botha | Bruhan Flintstone Theme Steak Smash 2026
Ek love dit as seuntjies hulle self so geniet soos hierdie klein rakkertjie!! Shoe boeta, ons het net nou die dag jou birth & newborn shoot gedoen, en nou word jy al 'n volle een jaartjie oud!

For more info & my full pricelist, please visit:
🌐 www.carenfaul.co.za
📞 083 715 6276
📍 Klerksdorp

My other business pages:
🤍 Belly Buds 3D Molds
📸 Caren Faul Photography
👶 Caren Faul Birth Photography
🖼️ CK Canvas and Print Lab
👗 Final Touch Photography Props & Dress Rentals

Margie Reitz | Sean Collin | 6 Months Milestone Shoot 2026Kyk net hierdie ou liefiebek! Kan nie glo 6 maande is so gou v...
30/04/2026

Margie Reitz | Sean Collin | 6 Months Milestone Shoot 2026
Kyk net hierdie ou liefiebek! Kan nie glo 6 maande is so gou verby nie!!

For more info & my full pricelist, please visit:
🌐 www.carenfaul.co.za
📞 083 715 6276
📍 Klerksdorp

My other business pages:
🤍 Belly Buds 3D Molds
📸 Caren Faul Photography
👶 Caren Faul Birth Photography
🖼️ CK Canvas and Print Lab
👗 Final Touch Photography Props & Dress Rentals

14/04/2026

Address

Plot 55
Klerksdorp

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27837156276

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Caren Faul Bump To Baby Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Caren Faul Bump To Baby Photography:

Share

Category