09/08/2026
Ek kon dit voel.. oor die laaste week…My grooste held oppie aarde is verplaas na boonste kalahari toe deur die Here. Ek het geen ander een gehad nie en niks meer nie. Die Here het my n respek vir oom Elias gegee wat ek nie geken het nie maar ekt geweet dit kom van HOM af. Dis oor oom Elias dat ek baie dinge gedoen het vir die kalahari..
Sy stem as hy van die kalahari (Park) praat het in frekwensies en dimensies vibreer wat my siel diep geraak het en wat soos n film voor my afgespeel het.
Hy het “halo Joe”, “Ja Joe”, “dit is so Joe”, “nou wat sê jy daarvan Joe”, en die meeste “dis reg Joe” gese soos niemand anders. Hy het geen sin gepraat sonder Joe voor aan of agter nie.
Oom Elias se stem kom reguit van sy hart af.. dit begin nie by sy stembande nie.
Eers SJ noudie dag en nou oom Elias Le Riche.
Kan die kalahari dan dieselfde wees? Miskien vir ander maar nie vir my.
Die geloof, bloed and sweet wat dit gevat het om daai park vir ons te bou word nie besef vandag nie en eks so dankbaar vir Koos Marais wat gelukkig sy lewe effe opgeteken het, net betyds in “Die leeuvanger van Nossob”
Ek sukkel nog oor SJ en ek gaan nooit oor die een kom nie. Sy handewerk en gees le te mooi duidelik in die mooiste plek op aarde.
Groet vi tannie Doempie oom Elias en sommer vir SJ en Horsie ook.
Joe Lategan