12/12/2024
Hier is dit alweer met ons en moerawiese groot spinnekoppe.dit is uiteraard relatief, maar vir skaal het ek my duim langs kom gesit.
Susan het haar ontdek waar sy by ‘n skerpioen sit wat sy (die knopiespinnekop) gevang het en vasgewikkel het in haar web.
Interessant is die patrone op haar rug.
Kyk die skerpioen se mummie hoe hang hy daar. Hy was omtrent vier keer groter as die knopie.