10/01/2022
Kind wees is vry.
Met die laat middag son wat vinnig sak, het Diandré (Didi) en SJ Van Zyl gou besluit om te gaan inloer by Oupa Drienus se mielies en of die druiwe al soet genoeg is sodat die oes kan begin. Dit was omtrent 'n besige middag agter my lens gewees, en om te kon by bly met al die planne wat die 2 vir die boerdery het en die opgewondheid om vir oupa te vertel dat die mielies goed aankom en die druiwe stroop soet is.
Die woorde van waardering, kosbaar en perfeksie begin besef jy eers wanneer iets mooi weg geneem is, maar jy agter gelaat word met dit wat geld nooit sal mee kan koop of vervang nie. Die ongelooflike verhouding wat SJ en Didi vir mekaar het sal niemand ooit kan vas vang deur 'n lens nie, maar dit wel in persoon ervaar, en jou op so kleine wyse weer hoop vir die lewe gee.
Dankie dat julle 2 my saam genooi het, ek kry elke keer opnuut nuwe waardeering vir die kleine plattelandse dorpie.