14/01/2025
My liefste Xan - my Graad 1 parabeen:
Waarvan word seuntjies gemaak?
Van goggas, paddas en bontskilpaaie,
hamsters, muise en vere van kraaie.
Stukkies tou gekoek om boomgom,
en in sy broeksak 'n nat kougom.
Houtkarre en waens met appels daarop,
ook skopfietse wat jaag en nie kan stop.
Visstokke, hoeke en wurms in blikke
kruiwaens vol beertjies, sonder strikke.
Kosbare klein klippies in die agtersak
en plek waar die kettie aan vashak.
Ook wurms, spinnekoppe en ‘n slakkie
en onder die kombers met sy brakkie!
Hierdie mamma weet jy gaan Graad 1 voluit aanpak en verskriklik geniet - ek hoop hulle is reg vir jou