Roosmaryn Photography

Roosmaryn Photography 🌿 • Geanker in God, gevorm deur stories. Liefde en herinneringe leef hier. •🌿

Ons het stilweg iets kosbaar naby aan ons harte gehou…’n Geheim wat alles verander het.Tussen elke sessie, elke boodskap...
08/05/2026

Ons het stilweg iets kosbaar naby aan ons harte gehou…
’n Geheim wat alles verander het.

Tussen elke sessie, elke boodskap, en die alledaagse — het ons jou verwag.
En nou… is jy hier.

Ons pad om ons baba te ontmoet was nie maklik nie. Dit het meer van ons gevra as wat ons ooit kon voorsien — fisies, emosioneel, op elke vlak. Maar te midde van alles, was daar liefde… soveel liefde.

Aan elkeen wat gewag het, ondersteun het, ingeloer het, en eenvoudig net gebly het — dankie. Julle geduld beteken vir ons meer as wat woorde ooit kan sê.

Vir nou kies ons ’n stadiger ritme. ’n Verlengde kraamverlof — nie net om te herstel nie, maar om werklik teenwoordig te wees, om hierdie kosbare, vlugtige oomblikke saam met my familie vas te hou.

Ons sal weer in November terug wees.
Met vol harte, nuwe energie, en stories wat wag om vertel te word.

Tot dan sal ons stukkies deel van die mooi wat ons oor die afgelope paar jare vasgevang het — oomblikke wat ons ook net so styf vasgehou het soos hierdie een.

Dankie dat julle saam met ons hierdie pad stap.
Altyd.

Veronique en Charles
🤍

25/11/2025

“Two hearts, one quiet promise.” 🤍





🎉🎉🎉 Dinge gebeur julle - dinge gebeur! Hou ons blad dop vir nog vele meer. Ps. Hier is so paar fotos wat ons nog nie met...
12/11/2025

🎉🎉🎉
Dinge gebeur julle - dinge gebeur!

Hou ons blad dop vir nog vele meer.

Ps. Hier is so paar fotos wat ons nog nie met julle gedeel het nie 😉📸

✨ ’n Nuwe blaadjie in ons Roosmaryn-storie ✨Ons harte is bly om vir Alicia aan julle bekend te stel 🌿Sy sal voortaan al ...
29/09/2025

✨ ’n Nuwe blaadjie in ons Roosmaryn-storie ✨

Ons harte is bly om vir Alicia aan julle bekend te stel 🌿
Sy sal voortaan al ons leefstyl-sessies hanteer, en ons glo sy gaan soveel liefde en lig in elke ontmoeting bring. Alle nuwe besprekings kan direk deur haar gemaak word, terwyl ons steeds al ons bestaande kliënte self sal aanhou bedien.

Vir ons (ek en Charles) wag daar ook ’n nuwe seisoen. Ons gaan meer agter-die-skerms fokus (’n geheim wat ons binnekort met julle gaan deel 👀) en verder net troues aanneem.

Ons weet dit was stil hier op ons blad, maar groot dinge lê voor. Dankie vir elkeen wat al deel was van hierdie pad, en steeds saam met ons stap – julle ondersteuning beteken vir ons die wêreld. 🌸

Hou die spasie dop – binnekort deel ons al die mooi nuwe dinge!

Met liefde,
Roosmaryn Span

Kontak Alicia vir jou volgende leefstyl sessie by ons -
📱 063 776 4797

Vir Troues kontak Veronique / Charles op -
📱 084 304 6219

’n Brief van agter die lens af •••••••••••••••••••••••••••••Ek was die laaste ruk stiller hier —Nie omdat ek niks het om...
28/07/2025

’n Brief van agter die lens af
•••••••••••••••••••••••••••••

Ek was die laaste ruk stiller hier —
Nie omdat ek niks het om te deel nie,
maar omdat iets in die stilte begin groei het.
Agter die skerms was my hande vol,
my hart voller,
en die geheuekaarte propvol.

Ek jaag lig op laatmiddae,
redigeer tot die maan sê dis tyd vir rus,
en droom stadig aan die volgende hoofstuk.

Daar’s ’n verskuiwing aan die kom — stadig, deurdink,
gewortel in stories,
vasgebind met lint en roosmaryn.

Iets is op pad.
Nie gejaag nie. Nie luid nie.
Maar eg.

En binnekort
vertel ek julle alles.

Tot dan, dankie dat jy bly —
dat jy ruimte maak vir stilte.
Dit beteken meer as wat jy dalk besef.

Met liefde, altyd.
Roosmaryn Span. 🫶🏼

Mossel Bay Advertiser
27/06/2025

Mossel Bay Advertiser

BEST OF MOSSEL BAY VOTING IS NOW OPEN!
Vote for your favourite businesses in Mossel Bay and surrounds at https://www.bestofsouthafrica.co.za/mossel-bay/best-of-mossel-bay-vote/ and stand a chance to win some fantastic prizes from our great sponsors. Let’s celebrate the very best that our beautiful region has to offer!

As dit nie vir julle was nie ❤️ Danksy al ons lojale ondersteuners deur die jare, het ons die groot geleentheid gekry om...
27/06/2025

As dit nie vir julle was nie ❤️

Danksy al ons lojale ondersteuners deur die jare, het ons die groot geleentheid gekry om deel te vorm van ons dorp, Mosselbaai, se Beste Van Mosselbaai - Leserskeuse toekennings van 2025. 😱🥹

Dankie vir die groot eer om deel te vorm. 📸
Mossel Bay Advertiser
Dankie vir elke een wat ons hier gekry het!!

Gaan stem asb vir ons in die “Professional Services” afdeling, onder “Best Photographer / Videographers” ‼️📸

Ons waardeer elke een van julle 🫶🏼

Volg die link om te stem 🤍

https://www.bestofsouthafrica.co.za/mossel-bay/best-of-mossel-bay-vote/

04/05/2025

Address

Hartenbos
6520

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27843046219

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Roosmaryn Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Roosmaryn Photography:

Share

Category