28/08/2026
Clanflora en prof Magriet het vandag gaan inloer by die Hopefield Fynbosskou . En wat 'n belewenis! Die kreatiwiteit van hierdie span mense is inspirerend en 'n vreugde vir die siel.
Buiten al die kos en geskenke stalletjies, is daar natuurlik blomme en plante te koop. Die fynbos uitstalling is telkens pragtig - kom kyk die verskeidenheid, die ondergrondse bolle, ragfyn blommetjies en die delikate spinnekop nes, die proefbuise en hangende restios. En moenie die interessante praatjies misloop nie. Alles 'n fees vir die oog.
Weskus Tourism Darling Wildflower Show Namaqua West Coast Clanwilliam Toerisme Namakwa Toere / Namaqua Tours