Vyeboom Fotografie / Photography

Vyeboom Fotografie / Photography Om die liefde wat vloei, in 'n oomblik vas te vang!

"Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet." - Johannes 15:12
24/08/2026

"Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet." - Johannes 15:12

"Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet." - Johannes 15:12Marissa, die mooiste bruid met die mees aansteeklike l...
24/08/2026

"Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet." - Johannes 15:12

Marissa, die mooiste bruid met die mees aansteeklike lag!

"Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet." - Johannes 15:12Marissa en Piero - liefde in eenvoud en oorvloed.
24/08/2026

"Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet." - Johannes 15:12

Marissa en Piero - liefde in eenvoud en oorvloed.

Die begin en ontstaan van Vyeboom Fotografie 🌿📷In 2018, nadat ons die mooie Europa besoek het, het ek eendag by die huis...
23/08/2026

Die begin en ontstaan van Vyeboom Fotografie 🌿📷

In 2018, nadat ons die mooie Europa besoek het, het ek eendag by die huis by my man ingestap en aangekondig: “Ek het myself vir ’n fotografiekursus ingeskryf.”

Ons was nog nie lank getroud nie, maar hy het my al goed genoeg geken om te weet: wanneer ek my kop op iets gesit het, is daar maar min dinge wat my van plan sou laat verander.
En so is die eerste saadjie van Vyeboom Fotografie geplant.

Maar die naam het nie sommer net uit die lug geval nie. Daar is lank daaroor gebid. Ek wou ’n naam hê wat meer beteken as net ’n mooi woord — iets met wortels. Iets wat my sou herinner waar alles vandaan kom.
Vyeboom, uit Habakuk 3:17–18, was uiteindelik die wenner. Want al sou die Vyeboom nie bot nie, sal God voorsien. En dit, het Hy nog altyd in oorvloed gedoen.

Vyeboom het oor die jare my nie-menslike baba geword. Dit het begin as ’n klein idee, maar met elke troue, elke gesin, elke glimlag, elke traan en elke herinnering wat voor my lens vasgevang is, het daar nog ’n takkie gegroei.

En wat ’n voorreg is dit nie om vir mense iets te gee wat tyd nie sommer kan wegvat nie.
’n Foto is tog maar eintlik ’n klein stukkie tyd wat jy in jou hand kan hou.

Klein oomblikke wat groot genoeg is om vir altyd te hou.
My fotografie is ook maar net soos ek daarvan hou: high contrast, eg en met lewe. Nie te veel geposeer nie. Nie elke haar perfek in plek nie. Nie elke foto volgens die boek nie.

Ons lag.
Ons speel.
Ons beweeg.
Ons leef.
Ons floreer.

En ja, nie almal gaan van dieselfde foto hou nie. Ook nie van dieselfde "editing-styl" nie"
Dankie tog! 😂
Hoe vervelig sou die wêreld wees as almal dieselfde oë, dieselfde smaak en dieselfde idee van mooi gehad het?

En nou, agt jaar later, staan Vyeboom op ’n nuwe plek.

Die wortels is dieselfde.
Die hart is dieselfde.
Die liefde vir fotografie is dieselfde.
Maar die boom het gegroei.

En daarom is dit tyd vir ’n nuwe logo — nie omdat Vyeboom verander het in iets anders nie, maar omdat dit gegroei het tot iets meer as wat ek in 2018 kon sien.

Die klein saadjie het wortel geskiet.
Die takke het uitgebrei.
Die blare het gekom.
En deur elke seisoen het God voorsien.

Net soos die vyeboom in Habakuk.

“Al sou die vyeboom nie bot nie…”
Ek weet steeds Wie die boom laat groei.

En ná agt jaar kan ek met dankbaarheid terug kyk en sê:

My Vyeboom het nie net aanhou groei nie.
Hy het aanhou bot.
Aanhou blom.
En op sy eie tyd, vrugte gedra. 🌿

Op na die volgende seisoen. 🤍📷

27/05/2026
'n Liefdesverhaal lê nie in sprokies nie, maar in die doodgewone lewe, waar liefde altyd seëvier!
25/05/2026

'n Liefdesverhaal lê nie in sprokies nie, maar in die doodgewone lewe, waar liefde altyd seëvier!

'n Ma maak gewone oomblikke... besonders!
25/05/2026

'n Ma maak gewone oomblikke... besonders!

"Want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voor julle dit van Hom vra." - Matteus 6:8Een van my gunsteling gesinne ...
25/05/2026

"Want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voor julle dit van Hom vra." - Matteus 6:8

Een van my gunsteling gesinne om af te neem. Elke jaar meer spesiaal as die vorige een!

Wanneer Heaven's View in elke kiekie vasgevang word. Die mooiste, koue dag vir 'n spesiale paartjie.
05/05/2026

Wanneer Heaven's View in elke kiekie vasgevang word. Die mooiste, koue dag vir 'n spesiale paartjie.

Met 'n venue met die naam Heaven's View, kan mens niks anders as asemrowend verwag nie!Stunning couple met 'n pragtige d...
04/05/2026

Met 'n venue met die naam Heaven's View, kan mens niks anders as asemrowend verwag nie!

Stunning couple met 'n pragtige dag en uitsig om hul dag ekstra spesiaal te maak!

Address

Ceres
6835

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vyeboom Fotografie / Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Vyeboom Fotografie / Photography:

Shortcuts

Share

Category