15/03/2026
Liewe Lalique en Armand,
So twee maande terug stap ek heel onskuldig ’n skoonheidsalon binne vir ’n treatment, en stap uit met 'n nuwe gunsteling-mens. Wie sou kon d**k!
Lalique, ek moet eerlik wees, ek is een van daardie vrouens wat gewoonlik doodstil is tydens ’n salon sessie. Dis my “skakel die wêreld af” tyd. Maar met jou het ons só lekker begin gesels dat ek nie eers agtergekom het hoe die tyd verby gevlieg het nie. Ek d**k dis die eerste keer in my lewe wat ek uit ’n treatment stap en d**k: “Sjoe, dit was vinnig verby!”
En toe ontmoet ek vir Armand met die fotosessie, en daar gebeur presies dieselfde “click”! Party mense voel net sommer van die eerste oomblik af soos ou vriende, en julle twee is beslis daai tipe mense.
Dankie vir julle opregtheid, julle humor en sommer net wie julle is. Ek het ons geselsies amper net so baie geniet soos die fotos self, en dis nogal baie gesê! Julle twee is net eenvoudig amazing.
Ek d**k vir julle volgende fotosessie is daar net een logiese plan: julle sal moet Kaap toe gaan 😄
Geniet julle fotos! 🤩