17/08/2026
“Getooi in rooi is mooi!”
Matteus 6:28–29
“En wat bekommer julle julle oor klere? Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie.”
Moenie jou bekommer oor wat jy aantrek of oor wat jy het nie. As God sorg vir die veldlelies en hulle met soveel prag beklee, hoeveel te meer sal Hy nie vir jou sorg nie?
Getooi in rooi is mooi, maar nog mooier is ’n hart wat in God se liefde geklee is.
📸 Louise Coetzee Visual Atelier