28/07/2026
MATRIEKAFSKEID: ✨️
Eckard en Jordan
Elke keer wanneer iemand my vra om matriekafskeid af te neem maak my maag 'n knoop van senuwees.
Maar wanneer ek die foto's begin edit dan is daar hierdie opgewondenheid wat soos 'n vuurtjie in my maag brand!
Hierdie twee jongmense was so lekker om mee tyd saam te spandeer.
Jordan was amper blou van die koue 😁, maar genade, sy maak mooi prentjies (en Eckard natuurlik ook 😉). 💜
Dankie Ilse dat ek die voorreg gehad het! 🙏