13/11/2025
📸 ’n Nuwe Hoofstuk Begin…
Na baie oorweging het ek besluit om DW Fotografie amptelik toe te maak.
Dis nie die einde nie, dis net die begin van iets groter. 🙌
Ek dank die Here vir elke les, elke kans en elke kliënt tydens my reis met DW Fotografie. 🙏
Sonder Hom sou hierdie pad nie moontlik gewees het nie.
Vanaf vandag fokus ek voltyds op sportfotografie onder my nuwe naam:
🏉Captured by Divaldo - Sport Photographer
My passie lê in die vasvang van aksie, energie en emosie op die veld en ek sien uit om hierdie nuwe reis saam met julle te deel! 💪
Dankie aan almal wat DW Fotografie ondersteun het, julle is deel van die rede waarom ek vandag hier is.
Hou aan volg vir nuwe sportfoto’s, hoogtepunte en wedstrydmomente deur my lens 🎥📷