Picture Poetry Photography

Picture Poetry Photography South African photographer based in the Netherlands.

Suid-Afrikaners se geloof is iets besonders. Eers toe ek in Nederland bly, waar minder mense glo, het ek dit regtig bese...
06/11/2025

Suid-Afrikaners se geloof is iets besonders. Eers toe ek in Nederland bly, waar minder mense glo, het ek dit regtig besef.. en op ’n vreemde manier het dit my eie geloof net sterker gemaak. 🤍

Ané Sieberhagen skryf: Ek het vir my uitstalling, genaamd Van Afrika tot Amsterdam – Waar stories grense oorsteek en harte aanraak, by Afrikaans is Lekker 2025 in die Amsterdam Theater, ’n hele reeks foto’s en stories saamgestel. Hierdie uitstalling het ontstaan uit my verlange om twee wêrel...

Een van ons uitstalling foto’s en stories word vandag gefeature op AfriForum Wêreldwyd 🥳Lees gerus saam. 🤍
01/11/2025

Een van ons uitstalling foto’s en stories word vandag gefeature op AfriForum Wêreldwyd 🥳

Lees gerus saam. 🤍

𝗢𝗻𝘁𝗵𝗼𝘂 𝗷𝘆 𝗻𝗼𝗴?
Toe geloof eenvoudig was.
Toe ons hande vou voor ete en fluistergebede saggies opsê.

Ons het nie alles verstaan nie,
maar ons het geglo –
want dit was genoeg om net te wéés.

Die lewe vat ons ver:
na kouer grond, nuwe paaie, onbekende tale.
Waar min nog bid …
maar êrens diep binne bly daardie sagte ritme van huis,
die klop van geloof wat nie verdwyn nie.

Ek staan in ’n kerk.
Dis tjoepstil.
Heilig.

My dogter, vyf jaar oud, stap stadig vorentoe.
Sy kyk op – oë groot, hande oop –
en ek sien hoe sy Hom sien.
Sonder woorde, sonder vrees.
Net daardie suiwer wete van ’n kind wat weet: Hy’s hier.

Sy strek haar armpies uit,
soos Jesus aan die kruis,
soos iemand wat Hom lankal ken.
En vir ’n oomblik is dit net hulle twee:
sy, en Hy.

’n Sagte heiligheid vul die ruimte –
’n stil gesprek sonder klank,
asof Jesus self vir haar fluister:

“Ek sien jou, my kind.”

Wanneer die eerste note van “Die Gelofte” begin speel,
voel ek hoe geloof my weer kom vind.
Nie met woorde of redes nie,
maar met oorgawe.
Deur haar.
Deur hierdie oomblik.

Dis geloof …
soos ’n kind.

📷 Picture Poetry Photography
✍️ Ané Jansen van Rensburg

📖 Lees die volledige artikel:
https://wereldwyd.co.za/n-kind-se-geloof-onvoorwaardelik-en-eerlik-vasgevang-in-die-stilte-van-aanbidding/

28/10/2025

Ané Sieberhagen skryf: Ek het vir my uitstalling, genaamd Van Afrika tot Amsterdam – Waar stories grense oorsteek en harte aanraak, by Afrikaans is Lekker 2025 in die Amsterdam Theater, ’n hele reeks foto’s en stories saamgestel. Hierdie uitstalling het ontstaan uit my verlange om twee wêrel...

Dankie vir die tag AfriForum Wêreldwyd ❤️
17/10/2025

Dankie vir die tag AfriForum Wêreldwyd ❤️

𝐓𝐔𝐒𝐒𝐄𝐍 𝐓𝐖𝐄𝐄 𝐖Ê𝐑𝐄𝐋𝐃𝐄
Luister na – Jou Huis – Elvis Blue en Theuns Jordaan
Nes net ’n Suid-Afrikaanse kind kan …
kaalvoet in die hartjie van Utrecht.
Oumas in die verbygaan stop en sê, met ’n effense kwaai gesig:
“Pas op voor glas!”

Maar ons weet: dis nie nalatigheid nie,
dis nalatenskap.
Eelte op die voete, vryheid in die tone.

Agter hulle … is The Lekker Store.
’n Klein stukkie Suid-Afrika in ’n bekende Nederlandse straat.
Waar dit ruik na huis,
na boereworsrolle wat herinneringe braai,
vetkoek met “chutney” wat warm lê op die tong,
Fizzers wat tande trek,
en groen Cream Soda wat borrel soos kinderdae.

Koeksisters. Flings. Simba Chips.
Daardie geur wat net mense van die Suide sal herken.

Maar dis meer as net kos.
Dis troos vir ouers wat moes groet by ’n lughawe.
Dis stemme wat kraak deur trane:
“My kind, onthou wie jy is.”

Dis die moed om elders oor te begin,
nie uit wil nie, maar uit nood.

En nou staan hulle hier,
kinders tussen wêrelde.
Springboktruie oor hul skouers, groot glimlagte op hul gesigte.
Hulle tel in Nederlands, maar droom in Afrikaans.
Hulle speel in die reën, maar verlang na die son.
Hulle leer floreer,
selfs al bly ’n deel van hulle altyd dáár.

Dis nie altyd maklik nie.
Nie vir die ma wat die aksent in haar kind se stem begin hoor nie.
Nie vir die ouma wat net deur ’n skerm kan groet nie.
Nie vir die hart wat in twee rigtings klop nie.

Maar dis ook mooi.

Want tussen hierdie twee wêrelde leer ons kinders
iets wat min mense ooit hoef te leer:
Hoe om meer as een tuiste in jou hart te dra.

✍ Picture Poetry Photography
Ané Jansen van Rensburg

📖 Lees die volledige artikel: https://wereldwyd.co.za/hoe-om-meer-as-een-tuiste-in-jou-hart-te-dra/

5. DIS ‘N KAT, OUMA... EK SWEER! ♫ Ouma lees hardop… (stem opname)♫ “Poes, waar ben je?”’n Stilte. Groot oë. Toe lag alm...
15/10/2025

5. DIS ‘N KAT, OUMA... EK SWEER!
♫ Ouma lees hardop… (stem opname)♫

“Poes, waar ben je?”

’n Stilte.
Groot oë.
Toe lag almal.. daardie lag wat oor tale en generasies strek.

Want soms begin die mooiste herinneringe
by die mees onskuldige misverstand.

En Ouma?
Sy het nooit weer daardie boek sonder giggel gelees nie.

4. STILTE NA DIE SKARE ♫ I’ll be there - Parlotones ♫ Ek staan in Dam Square, Amsterdam. Die stad raas.. mense skarrel, ...
14/10/2025

4. STILTE NA DIE SKARE
♫ I’ll be there - Parlotones ♫

Ek staan in Dam Square, Amsterdam.
Die stad raas.. mense skarrel, fietsklokkies lui, duiwe se vlerke klap…
En tog, in hierdie oomblik, is daar stilte.

Voor my stap Kahn Morbee.
Ontspanne. Teenwoordig. ’n Kunstenaar in sy eie wêreld.
Ek lig my kamera, nie net om ’n beeld vas te vang nie,
maar om daardie gevoel van vrede in beweging te bewaar.

Ek d**k aan waar dit alles begin het.
Klerksdorp.
My ma, kamera in hand, wys my hoe om die storie in elke skadu en glimlag te sien.
Sy het my geleer dat fotografie meer is as tegniek,
dis empatie, dis aanvoeling, dis kuns.

Ek was sestien toe ek en Andrea by ’n Parlotones-konsert gestaan het.
Vol drome, vas oortuig dat die wêreld groot genoeg is vir ons almal om iets te skep.
Daardie aand het ek gevoel wat kuns kan doen,
hoe dit mense verbind sonder woorde.

Jare later, staan ek hier, kamera in hand,
’n fotograaf in Nederland,
omring deur stories, lig en mense van oral.
Ek het nie geweet my pad sou my so ver bring nie,
maar miskien is dit wat gebeur as jy aanhou sien, aanhou glo, aanhou skep.

Daardie dag saam met Kahn was nie net ’n fotosessie nie.

Dit was twee kunstenaars,
twee mense wat hul drome leef,
wat verstaan dat kuns die taal is wat ons almal verbind,
of jy nou sing, speel of kyk deur ’n lens.

Van Klerksdorp tot Dam Square.
Van my ma se kamera tot my eie.
Van ’n jong meisie met groot drome,
tot ’n kunstenaar tussen kunstenaars.

11 TALE, 1 HART 🇿🇦❤️♫ South African National Anthem - Ndlovu Youth Choir ♫Sy het daar gesit in haar kleurvolle Afrika-ro...
13/10/2025

11 TALE, 1 HART 🇿🇦❤️
♫ South African National Anthem - Ndlovu Youth Choir ♫

Sy het daar gesit in haar kleurvolle Afrika-rok,
met haar arm oor haar bors soos iemand wat die volkslied sing.
Want dis presies wat gespeel het..
Nkosi Sikelel’ iAfrika, deur die Ndlovu Jeugkoor.

Agter haar draai die windmeule.
simbole van ’n nuwe lewe, ’n nuwe land.
Maar sy… sy neem my terug.

Terug na warm grond onder kaalvoete,
na reën wat stof stil maak,
na mense wat jou kos gee sonder om te vra wie jy is.

Terug na ’n land met elf tale, duisend verskille,
maar een hart as dit saak maak.
Wanneer ons trou.
Wanneer ons treur.
Wanneer die Bokke wen.

En ek hoor Madiba se stem weer fluister:
“Ons verskille is nie ons swakheid nie, dis ons krag.”

Jy kan ons in enige land plant.
Ons sal groei,
ons sal blom.

Want selfs hier, tussen windmeule en water,
klop ons harte steeds op die ritme van waar ons vandaan kom.

Ons hart klop nog altyd Suid-Afrikaans. 🇿🇦

2. GELOOF SOOS ‘N KIND 🙏🏼 ♫ Die Gelofte - Afrikaans is Groot(Juanita du Plessis, Ghapi, Jo Black, Demi Lee Moore, Bobby ...
12/10/2025

2. GELOOF SOOS ‘N KIND 🙏🏼
♫ Die Gelofte - Afrikaans is Groot
(Juanita du Plessis, Ghapi, Jo Black, Demi Lee Moore, Bobby Van Jaarsveld, Appel, Ruhan du Toit, Corlea, Riaan Benadé, Elarduspark Kinderkoor) ♫

Onthou jy nog?

Toe geloof eenvoudig was.
Toe ons hande vou voor ete en fluistergebede saggies op sê.
Ons het nie alles verstaan nie,
maar ons het geglo,
want dit was genoeg om net te wees.

Die lewe vat ons ver.
Na kouer grond, nuwe paaie, onbekende tale.
Waar min nog bid..
Maar êrens diep binne bly daardie sagte ritme van huis,
die klop van geloof wat nie verdwyn nie.

Ek staan in ‘n kerk.
Dis tjoepstil.
Heilig.

My dogter, vyf jaar oud, stap stadig vorentoe.
Sy kyk op.. oë groot, hande oop
en ek sien hoe sy Hom sien.
Sonder woorde, sonder vrees.
Net daardie suiwer wete van ’n kind wat weet: Hy’s hier.

Sy strek haar armpies uit,
soos Jesus aan die kruis,
soos iemand wat Hom lankal ken.
En vir ’n oomblik is dit net hulle twee.
Sy, en Hy.

’n Sagte heiligheid vul die ruimte.
’n Stil gesprek sonder klank,
asof Jesus self vir haar fluister:
“Ek sien jou, my kind.”

Wanneer die eerste note van “Die Gelofte” begin speel,
voel ek hoe geloof my weer kom vind.
Nie met woorde of redes nie,
maar met oorgawe.

Deur haar.
Deur hierdie oomblik.

Dis geloof…
soos ’n kind.

Geskryf deur Ané Jansen van Rensburg

1. TUSSEN TWEE WÊRELDE 🇿🇦🇳🇱 ♫ Luister na - Jou Huis - Elvis Blue, Theuns Jordaan ♫Nes net ’n Suid-Afrikaanse kind kan… k...
11/10/2025

1. TUSSEN TWEE WÊRELDE 🇿🇦🇳🇱
♫ Luister na - Jou Huis - Elvis Blue, Theuns Jordaan ♫

Nes net ’n Suid-Afrikaanse kind kan…
kaalvoet in die hartjie van Utrecht.
Ouma’s in die verbygaan stop en sê, met ’n effense kwaai gesig:
“Pas op voor glas!”

Maar ons weet: dis nie nalatigheid nie,
dis nalatenskap.
Eelte op die voete, vryheid in die tone.

Agter hulle… is The Lekker Store.
’n Klein stukkie Suid-Afrika in ’n bekende Nederlandse straat.
Waar dit ruik na huis,
na boereworsrolle wat herinneringe braai,
vetkoek met chutney wat warm lê op die tong,
Fizzers wat tande trek,
en groen Cream Soda wat borrel soos kinderdae.

Koeksisters. Flings. Simba Chips.
Daardie geur wat net mense van die Suide sal herken.

Maar dis meer as net kos.
Dis troos vir ouers wat moes groet by ’n lughawe.
Dis stemme wat kraak deur trane:
“My kind, onthou wie jy is.”

Dis die moed om elders oor te begin,
nie uit wil nie, maar uit nood.

En nou staan hulle hier,
kinders tussen wêrelde.
Springboktruie oor hul skouers, groot glimlagte op hul gesigte.
Hulle tel in Nederlands, maar droom in Afrikaans.
Hulle speel in die reën, maar verlang na die son.
Hulle leer floreer,
selfs al bly ’n deel van hulle altyd dáár.

Dis nie altyd maklik nie.
Nie vir die ma wat die aksent in haar kind se stem begin hoor nie.
Nie vir die ouma wat net deur ’n skerm kan groet nie.
Nie vir die hart wat in twee rigtings klop nie.

Maar dis ook mooi.

Want tussen hierdie twee wêrelde leer ons kinders
iets wat min mense ooit hoef te leer:

Hoe om meer as een tuiste in jou hart te dra.

  in   2025 – Uitstalling 📷 VAN AFRIKA TOT AMSTERDAMWaar stories grense oorsteek en harte aanraak.’n Ervaring vir al die...
10/10/2025

in 2025 – Uitstalling 📷

VAN AFRIKA TOT AMSTERDAM
Waar stories grense oorsteek en harte aanraak.

’n Ervaring vir al die sintuie 🎧

Hierdie uitstalling het ontstaan uit my verlange om twee wêrelde, Suid-Afrika en Nederland, saam te bring in een storie.
Dis nie net foto’s nie… dis gevoel, klank en herinnering wat saamvloei.

Ek wou hê mense moes dit beleef, nie net sien nie. Elke besoeker het met oorfone na ’n lied geluister wat met ’n foto verbind is.
Terwyl die musiek speel, kyk jy… jy voel… jy raak deel van die oomblik.
Wanneer die laaste noot wegsterf, kry jy die storie agter die beeld.. die emosie, die betekenis, die stem daaragter.

Dis ’n reis wat jou laat proe aan Suid-Afrika, asemhaal in Nederland en voel hoe die grense tussen plekke en mense verdwyn.

💛 Ek sien só uit om elke foto met jou te deel, saam met die storie daaragter.

Hou hierdie blad dop… binnekort volg elke foto en storie van hoe Suid-Afrika en Nederland deur my oë ontmoet.

Kyk net waar ons getag is! 😍 Dankie AfriForum vir die mooi erkenning. 🇿🇦📸
09/10/2025

Kyk net waar ons getag is! 😍 Dankie AfriForum vir die mooi erkenning. 🇿🇦📸

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. O...

Adres

Hagestein
4124

Openingstijden

Maandag 09:00 - 17:00
Dinsdag 09:00 - 17:00
Woensdag 09:00 - 17:00
Donderdag 09:00 - 17:00
Vrijdag 09:00 - 17:00
Zaterdag 09:00 - 14:00

Meldingen

Wees de eerste die het weet en laat ons u een e-mail sturen wanneer Picture Poetry Photography nieuws en promoties plaatst. Uw e-mailadres wordt niet voor andere doeleinden gebruikt en u kunt zich op elk gewenst moment afmelden.

Delen