14/08/2026
Ineffable Digitale Ontwerp⢠gee onverwagse erkenning aan plaaslike besighede, kunstenaars, buitengewone mense en organisasies deur collages op te dra. Vandag gee ons erkenning deur 'n collage aan Felicia Richardson Photography op te dra!
Fotografie het vir Felicia Richardson begin as 'n ma se poging om kosbare herinneringe te bewaar. Tydens die Covid-pandemie, toe haar seuntjie Levi sowat ses maande oud was, kon sy niemand kry om sy mylpaalfoto's te neem nie. Sy het toe haar eerste kamera by haar beste vriendin gekoop en haarself touwys oor fotografie gemaak.
DiĆ© aktiwiteit het mettertyd tot 'n passie en uiteindelik 'n suksesvolle fotografie-onderneming ontwikkel. As ān fotograaf gaan fotografie nie net oor mooi fotoās nie, maar om mense se stories vas te vang en die liefde tussen families, die emosies van 'n troudag en daardie onvervangbare oomblikke wat vir geslagte in foto-albums bewaar kan word, oor te dra.
Vir jare het sy haar besigheid opgebou terwyl sy voltyds gewerk het en haar rolle as vrou, ma en vriendin gebalanseer het. Aan die einde van 2025 het sy en haar gesin 'n groot geloofsprong geneem en na die Verenigde Koninkryk verhuis, waar sy haar onderneming van voor af moes herbou.
Vandag bou sy met dieselfde passie aan Felicia Richardson Photography, met 'n fokus op troues en leefstylfotografie. Die nuwe hoofstuk gee haar ook die geleentheid om nog ān droom uit te leef deur 'n tuisblyma te wees. Sy glo elke mens se verhaal is uniek en beskou dit as 'n voorreg om met haar kamera herinneringe vas te vang wat nog lank nĆ” die oomblik self sal voortleef.
Mag jou drome vlerke kry!
Geniet jou Donderdag.
©Ineffable Digitale Ontwerp 2026