31/01/2019
Wat 'n pragtige bruilof! Families wat bymekaar kom en sommer 'n heerlike naweek trou hou by Meulstroom net buite Bronkhorstspruit. Dit was 'n ongelooflike eer om deel te wees van jul sprokies dag. Ons het deel van die familie gevoel! Lag het ons nog nooit so lekker gelag nie! Dit doen mens se hart goed om te sien hoe twee families een word en almal so gelukkig is. Mag jul huwelik ryklik geseen bly.