03/04/2026
Hierdie lydingstyd het ek 5 goed agter gekom wat fotografie en Paasfees ingemeen het.
1. Lig en Donker
Net soos n foto lig nodig het om die prentjie te vorm het ons Jesus in ons lewe nodig, wat as die lig vir die wereld gekom het om vir ons die pad te wys.
2. Fokus
Net soos jy met jou kamera op die voorwerp of onderwerp moet fokus om dit in fokus te kry so ook moet ons op God gefokus wees en ingestel wees op Hom sodat ons duidelik die prentjie kan sien wat Hy vir ons lewe beplan het.
3. Ontwikkeling
Of jy nou tradisioneel met film werk of digitaal gaan alle fotos deur n onwikkeling proses om die finale produk perfek te kry. Net so moet ons so gefokus wees op Jesus dat ons n intieme verhouding met Hom ontwikkel dat ons ook in Sy beeld kan vorm.
4. Mense verhoudinge
Met enige suksesvolle fotografie besigheid moet jy mense verhoudinge he, jy moet die idee wat jy het goed kan oordrae, dit is ook belangrik hoe mense oor jou voel nadat hulle n sessie by jou gehad het en hoe jou kommunikasie is voor en na n sessie. Net so belangrik is ons verhoudinge met ander gelowiges en nog belangriker nie gelowiges. Probeer ons vissers van mense wees? Hoe voel mense nadat hulle in ons teenwoordigheid was? Kan hulle Jesus in ons lewe ervaar?
4. Die eind produk
Daar kom n dag wat jy klaar is met al die fotos, waar al jou tyd ingesit is en jy die finale produk moet lewer…… en so gaan die dag ook aanbreek waar ons by ons Vader gaan aankom, Hy gaan kyk wat jy alles gedoen het met jou talente, hoe jou “prentjie” lyk. Of jy op Hom gefokus was, met hom n verhouding ontwikkel het en hoe jou mense verhoudinge was.
Maar in hierdie Paastyd kom God se woord:
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Johannes 3:16
Mag hierdie Paasfees jou herinner:
die Lig het gekom,
die prys is betaal,
en deur Jesus is ons vir altyd vry.
GESEENDE PAASFEES