Bloom by Grace Photography

Call Website Contact the business

Bloom by Grace Photography I'm Carla and I'm the one behind the lense ..... I'm fun, energetic and friendly wedding photographer. Ek en my man is 'n gedugte span en werk baie goed saam.
(13)

Living my dream and passion with God by my side.Also known as Karoo Nooi. Ek is beslis 'n "in die oomblik" fotograaf en maak altyd seker dat ek elke kosbare oomblik vasvang tussen geliefdes en dat die oomblikke 'n storie vertel.

Ek doen wat ek doen vir die absolute passie en liefde vir fotografie want vir my is dit so besonders en maak my so opgewonde om natuurlike, elegante en tydlose "memories" vas te vang.
Ek bou my besigheid op die bybel vers Psalm 119:105
"U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."

Ons bly op 'n plaas in die Merweville - distrik in die hartjie van die Karoo. Ek is 'n spontane, vriendelike, positiewe en opbouende persoon. n Boervrou in Murg en been (soos hul sal sê)

Ons boer met Angora bokke en Afrino Skape. Ons gesin doen als saam tussen deur die tuisskool en ons leef vir die natuur en ons diere. Elkeen het sy eie verpligtinge op die plaas van die oudste tot die jongste.
Met die jare lange droogte (10 jaar) wat ons in die Karoo beleef, moes ek iets ekstra begin doen om die finansies te help aanvul vir ekstra voer vir die diere.
Ek kon net eenvoudig nie meer toesien hoe my man stukkie vir stukkie wegbreek soos die omstandighede hom aanhou kou nie. En boonop die geblêr van 'n ooi by die tuinhekkie van soggens vroeg tot saans laat opsoek na ekstra voeding wat daar met tye nie is nie.
Al die omstandighede het my gedruk om my klein dogtertjie droom 'n werklikheid te maak.

En daar begin my Fotografie besigheid in 2017 en ek dank onse Vader elke dag vir al die werk wat Hy op my pad plaas.

Alhoewel ons area reën gehad het November 2021 is die droogte nog nie oor nie. Ons is geweldig dankbaar vir elke druppel water en vir elke groen blaartjie wat sy verskyning kon maak, want dit als bring nuwe hoop vir ons as boere maar ook vir die diere.

Maar saam met die vreugde en spontane gebede van dankbaarheid is daar ook ander uitdagings wat ons weer op ons knieë hou soos springkane wat die plante vreet en gifplante wat die diere vreet.

Bespreek vandag jou fotosessie of jou besigheid sin by Karoo Nooi Photography.
Op so n wyse ontvang jy iets maar maak ook 'n donasie teenoor ons Boerdery.
Ons reis deur die hele WESKAAP, KAROO, TUINROETE en OVERBERG areas.

Address

Gemsbokkop Farm
Merweville

Opening Hours

Monday 13:00 - 19:00
Tuesday 13:00 - 19:00
Wednesday 13:00 - 19:00
Thursday 13:00 - 19:00
Friday 13:00 - 19:00
Saturday 09:00 - 19:00

Telephone

+27609634812

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bloom by Grace Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bloom by Grace Photography:

Shortcuts

Share

Category