Effloresce by Ash

Call Website

Effloresce by Ash Photos that make you feel…not just see ~ a glimpse of His glory🤍

Based in North West, South Africa

(2)

A M A N D A  |  4 0 T H  B I R T H D A Y 🍋Amanda turned 40 last weekend🤩Surrounded by her favourite people, in the cutes...
10/11/2026

A M A N D A | 4 0 T H B I R T H D A Y 🍋

Amanda turned 40 last weekend🤩

Surrounded by her favourite people, in the cutest little Italian restaurant, with happy tears, clinking glasses and plenty of reasons to celebrate, she welcomed a new decade in the loveliest way.

A little older, a whole lot fabulous, and still making 40 look suspiciously like 25!

Thank you for trusting me with these memories dear Amanda 🥂🤍

D U A N  🦕🤍Van ’n klein mensie in mamma se maag tot ’n klein mensie voor my kamera! 🥹🤍Ek het Duan se mamma en pappa nie ...
16/10/2026

D U A N 🦕🤍

Van ’n klein mensie in mamma se maag tot ’n klein mensie voor my kamera! 🥹🤍

Ek het Duan se mamma en pappa nie te lank gelede vir hul maternity shoot afgeneem, en nou kon ek uiteindelik die klein mannetjie ontmoet! 🫶🏻

En wat ’n model was hy nie! 🙌🏻 So rustig, so tevrede en so gemaklik voor die kamera. Ek dink hierdie klein man het reeds die kuns bemeester om net te lê en mooi te lyk. 🤭

Duan, jy is so ’n kosbare geskenk van die Here, en ek bid dat jy sal grootword met die wete hoe innig jy deur Hom geliefd is. Mag jou lewe altyd ’n getuienis wees van Sy goedheid en genade. 🤍

B O S H O F F   F A M I L Y 🫧Hilde has always been such a petite little person with the BIGGEST heart and the kindest so...
14/10/2026

B O S H O F F F A M I L Y 🫧

Hilde has always been such a petite little person with the BIGGEST heart and the kindest soul. 🥹🤍 I still remember meeting her hubby Johan for the first time many years ago and thinking what a perfect couple they make!

And this year, I finally got to have the two of them and their two beautiful little boys in front of my camera. 🥹

WHAT A FAMILY!! 🙌🏻 So laid-back, so connected, and just so wonderfully in sync with one another. And clearly pros at raising little boys, because wow, mom and dad are always one step ahead! 😂🦕

This afternoon was such an adventure, and so much fun! So grateful to the Lord for sending such lovely people my way. 🤍

N I E W O U H D T  F A M I L I E 🌵Melicia, Benjamin en Melandri het saam met my die pad aangedurf na ons eie klein stukk...
05/10/2026

N I E W O U H D T F A M I L I E 🌵

Melicia, Benjamin en Melandri het saam met my die pad aangedurf na ons eie klein stukkie “woestyn” naby die huis, en wat ’n lekker middag was dit nie!

Melandri was só gemaklik voor die kamera en het sommer haar eie lysie idees gehad van wat ons moet afneem. 😂 Ek het vinnig besef ek het nie net ’n model nie, maar ook ’n klein kreatiewe direkteur saamgebring! 📸

Ons het tussen die sand, klippe en mooi lig rondgesnuffel, gelag, verken en uiteindelik saam met die son gaan sit kyk hoe die dag sy gordyne trek. 🌅

’n Mens vergeet partykeer dat die mooiste gesinsfoto’s nie noodwendig oor die perfekte pose gaan nie, maar oor ’n lekker middag saam, ’n bietjie avontuur en mense wat net hulleself is. 🤍

M E G A N  &  M A R N U S  |  Hoërskool WesvaliaHulle sê daar is iets besonders aan daardie paar ure voordat ’n groot aa...
01/10/2026

M E G A N & M A R N U S | Hoërskool Wesvalia

Hulle sê daar is iets besonders aan daardie paar ure voordat ’n groot aand begin… wanneer alles nog stil genoeg is om die oomblik te geniet, maar die opgewondenheid reeds in die lug hang. ✨

En miskien was dit presies wat hierdie middag so besonders gemaak het.

Die son het nog warm oor ons geskyn, Megan het soos ’n droom in haar pragtige rok gelyk, en Marnus het met sy netjiese pak beslis sy kant van die prentjie gestand gedoen. 😉🤍

Want môre is nog ’n gewone dag… maar hierdie aand? Hierdie een gaan hulle onthou. ✨

Megan & Marnus, julle twee het dit beslis maklik gemaak om die mooi van hierdie oomblik vas te vang. 🤍

👗: Lizan Zondagh Couture
🪮: Atarah Hair Lab
💄: Donnalize Smith
📍: Donum A Dêo Venue

L I A M  &  D A N I C A  |  Hoërskool WesvaliaDaar was ’n bietjie reën in die lug, ’n paar hoopvolle kykies na die wolke...
29/09/2026

L I A M & D A N I C A | Hoërskool Wesvalia

Daar was ’n bietjie reën in die lug, ’n paar hoopvolle kykies na die wolke, en baie gekruiste vingers dat ons net lank genoeg sou kry om alles klaar te maak… 🌧️🤞🏻

Maar die Here het ons behoorlik bederf. Net toe ons dink die weer gaan dalk ons planne in die wiele ry, het Hy vir ons die mooiste sonsondergang uitgepak. ✨

En tussen die vliegtuigbaan, die sagte aandlig en twee ongelooflik mooi jongmense, het ons ’n paar besonderse herinneringe vasgevang.

Liam en Danica was ook so bevoorreg om soveel familie langs hulle te hê om hulle aan te moedig, te ondersteun en natuurlik ’n bietjie trots saam met hulle te wees. 🤍

Liam & Danica, mag hierdie nuwe hoofstuk net die begin wees van soveel mooi dinge wat voorlê. 🌿✨

👗: Calvers Bridal & Evening Wear
💄🪮: Makeup and Hair by Lieschen

I l S E  &  P I E R R E  |  Hoërskool WesvaliaIlse se mamma het hierdie een behoorlik perfek beplan en was absoluut on t...
28/09/2026

I l S E & P I E R R E | Hoërskool Wesvalia

Ilse se mamma het hierdie een behoorlik perfek beplan en was absoluut on top van alles! 🤭 So het ons toe die pad Potch toe gevat vir hulle matriekafskeid-fotosessie, by ’n besonder mooi venue met sommer ekstra spesiale betekenis, want dit is waar Ilse se ouers baie jare gelede getroud is. 🤍

Die bome, fontein en selfs die pragtige pou het Ilse se rok só mooi gekomplimenteer. Dit was amper asof die hele venue spesiaal vir haar uitgedink is! 🦚🌿

En dan natuurlik Pierre, wat ook baie handsome gelyk het en sommer perfek langs Ilse ingepas het. 🤍

Wat ’n spesiale aand en ’n lekker manier om hierdie groot mylpaal vas te vang! ✨

👗: Ernst Schütz Exclusive
💄: Melika Makeup
🪮: Cuts Hair Studio
📍: Anderland , Potchefstroom

C A R M E N  &  J H  |  Hoërskool WesvaliaNa ’n láááng week van reën het die son uiteindelik besluit om nét betyds sy ge...
28/09/2026

C A R M E N & J H | Hoërskool Wesvalia

Na ’n láááng week van reën het die son uiteindelik besluit om nét betyds sy gesig te wys vir Carmen & JH se matriekafskeid fotos🌤️🤍

Carmen het so mooi gelyk in haar donkerblou rok, met soveel oulike idees wat sy vooraf beplan het. 😍 JH het natuurlik ook baie handsome gelyk in sy pak!

Na al die reën het die Here ons sommer behoorlik met die mooiste sonsak en sagte aandson geseën. 🌅 Dit was ’n heerlike aand vol lag, lekker gesels en mooi herinneringe.

Carmen & JH, julle was ’n plesier om af te neem! 🤍

👗: Ernst Schütz Exclusive
💄🪮💅🏻: Frané's Transformation
📍: Solid Ground

J C  &  C A I T L Y N  |  Hoërskool Schoonspruit - KlerksdorpNot much is quite as special as clients who genuinely becom...
25/09/2026

J C & C A I T L Y N | Hoërskool Schoonspruit - Klerksdorp

Not much is quite as special as clients who genuinely become friends 🤗 And it was so, so lovely having some of these gorgeous people in front of my camera for the third time this year. At this point, I think we can officially call it a family visit with a camera involved. 😂🥹

Caitlyn was enough to bring tears to even the driest eyes in that gorgeous gown, and JC looked every bit the refined gentleman beside her! 🤍

The end of a whole school journey, years of memories behind them, and a brand-new chapter waiting just around the corner. 🥹

Thank you for trusting me with yet another beautiful milestone! 🤍📸

👗: Vos
💄: Kaylee Hopwood Makeup Artistry
🪮: Foils & Fingers - Monique Prinsloo

L E E - A N N  &  Z A N D E R  |  Hoërskool Schoonspruit - KlerksdorpLee-Ann het werklikwaar soos iets uit ’n fairytale ...
25/09/2026

L E E - A N N & Z A N D E R | Hoërskool Schoonspruit - Klerksdorp

Lee-Ann het werklikwaar soos iets uit ’n fairytale gelyk. 👏🏻 En wat ’n mooi paartjie om hierdie spesiale aand saam te vier!

Matriekafskeid is mos een van daai lekker bittersoet mylpale… amper klaar met skool, ’n hele nuwe hoofstuk wat voorlê, maar eers trek ons mooi aan en maak asof matriek glad nie ’n mens se senuwees getoets het nie. 😄

Dit was rérig lekker om julle twee af te neem. Dankie dat julle so mooi saamgewerk het en elke idee met ’n glimlag aangepak het.

Mag hierdie laaste stukkie van julle skoolloopbaan nét so mooi afsluit soos wat hierdie nuwe hoofstuk begin. 🤍✨

👗: Tasjha's Designs
💄: Skin And Body Clinic - Charlene
🪮: Hair at Retha
🚗: Vieira
📍: Bateleur Guesthouse Klerksdorp

Address

Klerksdorp

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Effloresce by Ash posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category