28/07/2025
Toe sy in 1974 die eerste keer op Huisgenoot se voorblad verskyn het, was Anneline Kriel maar 19. Vandag, 50 jaar ná daardie eerste keer, word sy 70 – en om die groot mylpaal te vier, is sy vir haar 34ste keer op ons voorblad. Oor haar 70’s het sy dalk “gemengde gevoelens”, maar oor Anneline twyfel niemand nie. Sy bly ’n ster. Lekker verjaar, Anneline! Lees die storie op huisgenoot.com of koop hierdie week se tydskrif.