08/04/2025
Powerful!
Skei - Divorce - Separation
Betekenis: "the sending away of a wife".
the breaking of the covenant vows.
Eintlik is skei ‘n wiskundige som wat nooit ‘n goeie einde kan hê nie.
Die getal van: een plus, een plus Dié Een = Een.
met die gemene deler wat kom amok maak kom mens nie op dieselfde getal uit nie.
Skei is eintlik ‘n Vloekwoord maar ons gebruik dit deesdae soos perde koop… Jy trou en dan skei jy sommer vinnig weer
want jy besef nie dat jy getrou het om nooit weer alleen te wees nie! Julle het ‘n verbond met mekaar en met God gesmee op jou trou dag. Wanneer jy verbond verbreek wen niemand nie… almal verloor en jy verloor ook jouself want om jou, lê hope lyke (liefdesmaats, pelle, ouers, kinders, vriendekringe, skinderstories en “ruinous- dilapidated buildings” van drome wat nooit klaar gebou is nie, en ‘n deel kom lê tussen jou selle, jou DNA en dit vernietig jou!
Weer kom die wiskunde na vore…. Een plus een is nooit weer EEN nie, want die ewige verbond wat die som aanmekaar moes hou is deur goedkoop chinese gomverwyderaars uitmekaar uit gepluk! (Instant oplossings)
TRAUMA is ‘n verskriklike… Hy vermom hom in substance abuse, pornografie, voorgee, narsistiese leefwyses, om net weer sy nek uit te steek en tent op te slaan tussen al die ruines, die lyke en die drome wat in skerwe lê! The overthinker is in overdrive ….THE ONE WHO IS HURTING IS DOING THE HURTING!
Almal kruip weg agter tralies en reuines want jy is ‘n privaat mens en mens mag nie praat oor die olifant onder die mat nie; in plaas daarvan om die rowe af te ruk en Lig daarop te laat skyn en Redding te kry.
Die kinders word geskend in hulle verwysingsraamwerk vir ewig, want hulle en hulle ouers word die b***e wat gespeel word! Jou seer oordeel word ‘n byl waarmee jy kap en kap en kap! Jy drink gif en jy hoop die ander persoon sal vrek daarvan.
Vele paartjies sê ons gaan mooi saamwerk hierdeur!
NEEEEEE julle kry dit nie reg nie want julle speel nie die (skei/divorce) bal nie, julle speel die man…. selfs die kinders word gebruik om mekaar by te kry.
D**k aan my woorde : Trauma is ‘n verskriklik : Hy sal jou en jou gesin weer en weer kom opsoek tensy jy vandag ‘n besliste besluit neem, om nooit weer trou ligtelik op te neem nie! Trou is nie lust nie! Trou is nie kortstondig nie. Trou is nie maklik nie, maar wel moontlik! Dit is ‘n werk! Werk met Liefde aan jou toekoms! You are in it for Live!
Almal verdien om liefgehê te word!