Mariette du Toit Photography

Mariette du Toit Photography Wedding & Family Photographer based in Walvis Bay, Namibia.

Lente dag!En wat kan nou 'n beter geskenk aan jouself wees as 'n foto sessie?!Ek bring die blomme,jy bring jou gesin!Win...
01/09/2026

Lente dag!
En wat kan nou 'n beter geskenk aan jouself wees as 'n foto sessie?!

Ek bring die blomme,
jy bring jou gesin!

Windhoek
6 September
081 389 0244

My woorde sukkel vanaand.My lysie is langer as wat my dagboek se blad is.Die wasgoed mandjie staan hemel hoog En in die ...
31/08/2026

My woorde sukkel vanaand.

My lysie is langer as wat my dagboek se blad is.
Die wasgoed mandjie staan hemel hoog
En in die kamer staan hopies klere wat weggepak moet word.
Die skottelgoed torinkies sal my Pa ‘n hartaanval gee
En ek het opgegee om die vloer skoon te probeer hou.

En my tasse wag,
Want ek is alweer op pad.

Eindeloos dankbaar dat ek werk het
En weereens die binnekant van Dooie vlei kan sien
Is ek minder opgewonde om hierdie keer te ry.

Die pad. Die pad. Die pad.

Maar hop-hop,
Skommel-skommel,
Sal ek daar kom.
En weer terug ook.

En dan, vars terug, ruil ek die een tas vir die ander
Want dis gimnastiek
En ‘n Afrikaanse konsert waarna ek al vir jare uitsien,
‘n kuier saam met my sussie,
Wie ek hopeloos te min sien
En ‘n Sonddagmiddagete om Skoonma se kombuis tafel…

Van hier-af, is die afdraand na 2027.

Meer foto’s,
Minder woorde.
Meer edit.
Minder lees.

Maar ek is opgewonde.
God is goed.

Net een oop gaatjie... 6 SeptemberWindhoek0813890244
28/08/2026

Net een oop gaatjie...
6 September
Windhoek
0813890244

Boekmerke Ek het hierdie jaar al 15 boeke gelees. Dis redelik meer as enigiets wat ek die laaste 10 jaar gelees het en e...
27/08/2026

Boekmerke

Ek het hierdie jaar al 15 boeke gelees.
Dis redelik meer as enigiets wat ek die laaste 10 jaar gelees het en ek is verseker nog nie klaar nie.
Dis ongelukkig ook baie minder as wat ek wou lees, maar dis ‘n begin.

My kinders weet al, as ek lees en ek moet opstaan, gryp ek enigiets wat naby en klein genoeg is, om as boekmerk te gebruik. So val daar gereeld strokies, sjokolade-papiere wat “niemand” geëet het nie of skoolbriewe uit my boeke.

Soms tel ek ou boeke op, met ander mense se boekmerke.

Vliegkaartjies - ‘n boek wat op die lughawe gekoop is?
Post-its met onbekende foonnommers.
Strokies van winkels wat al toegemaak het.

Maar vandag maak ek ‘n boek klaar wat ek in Londen in 2007 gekoop het.
En in hierdie boek, heel agter, is ‘n versteekste boekmerk.
‘n Metrokaart van die London Underground.

En hieruit vloei toe baie stories.
My kinders wil onmiddelik weet – wat is dit?
Lyk Londen so?
Lyk dit nog so?
Waar het Mamma gebly? Gewerk?

Herhinneringe oorrompel my.
Lekker herhinneringe.
Maar ook alleen herhinneringe.
Verlang herhinneringe.

Ek kannie help as om die boekmerkies te onthou wat ons op skool gemaak het nie.
Die hoekies van koeverte wat ons afgesny en dan versier het.
Gebruik mense nog koeverte?

So ek hou maar aan lees en gryp na boek merkies...
Dit blyk net so lekker te wees om hul te ontdek soos die karakters in die boek self.

One day, you’ll have the photographs.The question is: Will you be in them?Because when you travel through Namibia, it’s ...
27/08/2026

One day, you’ll have the photographs.

The question is: Will you be in them?

Because when you travel through Namibia, it’s very easy to come home with hundreds of photographs.

Dunes.
Wildlife.
Mountains.
Sunsets.
Endless roads.
And perhaps 47 photographs of the same oryx.

But what about the people who were actually there?

Your children, when they were still small enough to pile into the back seat.
The two of you, somewhere between one adventure and the next.
Your parents finally doing that trip they’ve talked about for years.
Your friends laughing at something that made absolutely no sense five minutes later.
You, standing in a landscape you never thought you’d actually see.

Those are the photographs that become more valuable with time.

And they don't have to be a traditional photoshoot.

You can go horse riding.
Take a boat trip.
Explore the dunes.
Go kayaking.
Drive through Etosha.
Watch the sunrise.
Have a picnic in the middle of nowhere.
I'll come along and photograph the experience.
Because your Namibia photographs shouldn't just prove where you went.
They should remind you who you were there with.

And that you were actually there too.

📷 Documentary travel photography in Namibia

Families • Couples • Honeymoons • Friends • Adventures
📧 [email protected]
📱 +264 81 389 0244

Reis in Namibië.Kyk, ek is baie lief vir hierdie land van ons. Maar nie altyd vir die weer nie.Die hitte het my moermete...
26/08/2026

Reis in Namibië.

Kyk, ek is baie lief vir hierdie land van ons.
Maar nie altyd vir die weer nie.

Die hitte het my moermeter permanent in die rooi,
Die Augustus winde in die binneland laat my kou aan my polse,
En die koue, nat weer hier langs die kus laat my hopeloos te veel koffie drink.

Maar die landskappe.
Die lyne.
Die lug.
Die eindelose horisonne.
Die ongereptheid...

Verlede Vrydagoggend staan ek binne in Dooievlei.
Die tweede keer in minder as ‘n maand.
Gisteraand staan ek bo-op ‘n duin in Sandwich Harbour,
Ook die tweede keer in twee maande.
Oor ‘n week ry ek weer Sossus toe…

Vanoggend stap ek na my motor toe,
En ek besef,
Ek stap ligter.
Ek stap vinniger.
Want ‘n droom wat ek nie eers geweet het ek het nie,
Het waar geword.

Ek het die voorreg om hierdie land te crisscross,
Te stop wanneer ek wil stop,
Af te neem,
En in my weefsels te bêre
Alles wat ek sien en wil onthou.

En so saam met dit,
Maak ek stories bymekaar.
Kry ek dit reg,
Om bietjies-bietjies te deel van hierdie ongelooflike land.
Om lig te wees.

En om te skryf.

A few days ago, I was photographing people on a catamaran.This week, I was standing in Deadvlei before sunrise photograp...
26/08/2026

A few days ago, I was photographing people on a catamaran.

This week, I was standing in Deadvlei before sunrise photographing an elopement.
On paper, these are completely different jobs.

But they don't feel different to me.
In both, I'm looking for the moment people forget about the camera.
The way someone reaches for their partner's hand.
The laugh between two photographs.
The nervousness before something important happens.
The little things nobody put on the timeline.
Namibia is a spectacular backdrop.
But I'm increasingly interested in what happens inside the landscape.
The people.
The experience.
The in-between bits.
That's the stuff I want to photograph.

Ons het as kinders blaartjies van blommetjies afgetrek… “he loves me, he loves me not… he loves me…” Of die aardbol in d...
25/08/2026

Ons het as kinders blaartjies van blommetjies afgetrek… “he loves me, he loves me not… he loves me…”

Of die aardbol in die aardrykskunde klas gespin en dan met ons wysvinger gedruk… daar waar hy stop, was die plek waar ons sou eindig. Myne was altyd iewers in die see…

Of ons het origami gevou en dan kleure gekies, vrae geantwoord en somme gedoen tot ons by ‘n naam gekom het met wie ons sou trou. Ek's redelik seker Henrico was nooit op daai lys nie.

Daar was een of ander uitkruis-speletjie ook… wat mens al die letters uitgekruis het en dan dit weer bymekaar getel het ens. ens en dan tot ‘n slotsom gekom het met wie jy nou eintlik sou trou.

As ek nou aan al hierdie goed d**k, lag ek. Want haha… wat hét ons ged**k?

Maar weet jy wat… ek vat eerder al hierdie doellose speletjies van voor af voordat ek vir ure myself as tiener op Facebook en TikTok met ander vergelyk.

Watter speletjies onthou jy en wat was jou gunsteling?

I didn't really take them on a photoshoot.I went along for the ride.They had booked a catamaran experience on the Namibi...
25/08/2026

I didn't really take them on a photoshoot.
I went along for the ride.
They had booked a catamaran experience on the Namibian coast. I brought my camera.
And somewhere between the water, the wind, the seals, the laughing, and everyone forgetting I was there...
I realised this is probably my favourite kind of photography.
Not “stand over there.”
Not “look at me.”
Not “hold that pose for three seconds.”
Just...
go.
Go kayaking.
Go riding.
Go into the desert.
Go up in a balloon.
Go for a boat trip.
Go get married in the middle of nowhere.
I'll come along.
Because sometimes the best photographs happen when nobody is trying to make a photograph happen.
This is documentary photography in Namibia.
And I think I'm rather enjoying this particular rabbit hole.

Papwiel.Of dalk die pad, die skud en die papwiel?Hoe ook al sy… die ry Sossusvlei toe was growwer as gewoontlik. Ek kon ...
24/08/2026

Papwiel.
Of dalk die pad, die skud en die papwiel?

Hoe ook al sy… die ry Sossusvlei toe was growwer as gewoontlik. Ek kon baie vinnig sien dat daar meer verkeer op die pad is as gewoonlik. En spoed... ek d**k iemand het vir hierdie mense gesê – ry net so vinnig soos jy kan, dan is dit vinniger verby... en skommel-skommel kom ek toe by die lodge aan. Dankbaar.

Vrydagoggend is ons dou voor dag uit die vere... dis ‘n stunning oggend. Die lug is blouer as blou en aan die duine kleef ‘n ongewone groen. Die paartjie wat ek afneem is uit hul nate om uiteindelik Dooievlei te kan sien. Uitasem stap ons oor die laaste duintjie... en toe verloor ek my laaste asem... want hier regs van my is dit GROEN. Nie roes-rooi duin nie. Groen! Hier in hierdie plek met die baie dooie bome – staan gras groen gras.

Vir die res van die oggend moet ek fokus om af te neem waarvoor ek gekom het, want my gedagtes bly drentel na die groen toe en die wonder van die natuur. Sou dit moontlik wees, dat die enkele lewendige Kameelhoute wat nog hier staan, saad kan skiet en jong bome weer in hierdie vlei kan lewe? Dis verseker nie ‘n gedagte wat ek 5 jaar terug sou ged**k het nie, maar met die water wat ek net nou die dag hier in die vlei gesien het, die gras teen die duine... ek kannie help as om te wonder nie. Kan daar weer lewe kom?

Dis ‘n baie mooi foto sessie en ons maak klaar net voordat die son al sy krag gebruik om die kaf van die koring te skei. Ons maak vol by Oasis en gaan besoek die nuwe winkeltjie... wat ‘n verrassing!

En toe kom die ontnugtering. Ek het geweet die pad is erger WB toe van Sesriem af, as van WB na Sesriem. Maar die hoeveelheid slegter... haha. Ek kan net lag. Dis hop na hop. Stadig oor die klippertjies kry nuwe betekenis. En nee, jy kannie juis vinniger as 80km ‘n uur nie, want dan begin jy beheer verloor. Bars ‘n voorband, dan eindig jy op jou dak... skommel-skommel tot by Solitaire.

Klim uit. Wat ruik soos gebrande bande? (As jy in Walvisbaai bly, dan is dit ‘n uiters onaangename en bekende reuk). Jip, my agterwiel is pap. Wel, moerlandspan-toe is seker ‘n beter beskrywing. Die realiteit van verder ry, sonder ‘n spaar, is ‘n lae hou op ‘n nugter maag. Maar ek het baie om voor dankbaar te wees. Dis Solitaire. En hier is baie helpende hande wat gou die band vir my afhaal en omruil. Dankie aan die Solitaire span!

En oor twee weke moet ek weer ry... ek begin nou al bid vir skrapers...die hele pad. Maar veral vir daai Sesriem-Solitaire stukkie.

Op hierdie Maandag, by my tafel, op vaste grond, kan ek steeds die geskommel onder my voel... hop-hop, skud-skud besef ek, daar is altyd iets om voor dankbaar te wees. Al is die oomblik hoe fleeting, dis daar. Ons moet dit net soek!

Address

Walvis Bay
13013

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Telephone

+264813890244

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mariette du Toit Photography posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mariette du Toit Photography:

Shortcuts

Share

Category